Home Tuisblad Tegniese Ondersteuning
Besoek ons blog
Ouer Terugvoering

Meer oor ons

Vir meer as agt jaar het Afrikaanse Skoolprojekte leerders (en ouers) toegerus en ondersteun met opvoedkundige inligting in hul strewe om die beste resultate in hul skoolwerk en eksamens te behaal. Daarby bespaar ons leerders baie tyd sodat hulle meer tyd aan sport, kultuur en eksamenvoorbereiding kan bestee.

Afrikaanse Skoolprojekte is een van die omvattendste webtuistes in Suid-Afrika propvol inligting, take, foto’s, vraestelle en studie hulpmiddels vir Graad 1 tot 12 leerders. Jy kan sê “ALLES ONDER EEN DAK!”

Ons produkte kan individueel of in saamgestelde pakkette aangekoop word. Alle dokumente word gereeld opgedateer en bygewerk om relevant te bly!

Wat ons kliënte sê:

Baie dankie vir ‘n fantastiese webtuiste met uitstekende hulpmiddels.  Ek hernu weereens ons jaarlikse subskripsie en dit is elke sent werd in ons besige huishouding.  Adri Oberholzer

Ek is reeds nou in my tweede jaar ingeteken by julle program en wil julle net weer gelukwens met julle puik leerinhoud!  Wat ‘n vreugde om nie so te sukkel om behoorlike Afrikaanse inligting te kry nie. Doen so voort.  Carinda Habig, Skoolhoof Rietvlei Akademie

Dit is nou die vyfde jaar wat ons jou produkte aankoop.  Jacques skryf nou graad 12 en het uitstekende punte behaal in die rekord eksamen.  Dankie dat julle gereeld die webtuiste opdateer.  Maritza Stander

Ek doen elke dag saam met my kleinkind haar huiswerk en dit is lekker dat ek saam met haar die vraestelle uitwerk.  Nou weet ek sy is op die regte pad.  Haar punte het met 30 % verbeter en sy is in die Top 10.  Dankie vir jul puik produkte.  Pine Pienaar

Dankie vir julle puik diens en harde werk.  My kind het van 'n ACE skool na staatskool gegaan in die 2de kwartaal en was dit nie vir julle nie het hy en ek seker nie dit gemaak nie. Sy punte het dramaties verhoog in sy vakke van druip of net-net deur na 65- 86%!  Baie dankie ons gaan altyd weer van julle diens gebruik maak.  Sonja van Heerden

Vandat ons ingeteken het op die webtuiste het my kinders se punte aansienlik verbeter.  Dit is lekker om hul kennis te toets en jul vraestelle is van hoë gehalte.  Ons kan gewoonlik nie wag vir die NUUT teken nie, dan weet ons nog 'n nuwe taak is opgelaai.  Dankie ook dat julle gereeld eposse uitstuur en ons op hoogte hou met die nuutste inligting.  Petro Rossouw

Baie dankie vir topgehalte Afrikaanse inligting vir ons kinders.  Dit is billik geprys met uitstekende vriendelike diens!  Hennie Swanepoel

Ek het al 'n paar keer by julle CD's aangekoop en is ook ingeteken op die webtuiste. Ek is 'n naskoolsentrum Juffrou en het 'n internet kafee en skryfbehoefte winkel op 'n myndorp naby Thabazimbi op Northam Platinum Myn. Jul puik produkte kan ek net in een woord beskryf “AMAZING”. Dit help baie! Glo my Afrikaanse inligting is baie welkom en ook vir ouers wat nie kans sien om die vertaling van die internet inligting te doen nie.  Dankie vir puik diens.  Rika Meintjies

Dit is nou die derde jaar wat ek weer ingeteken het op jul webtuiste!  My seunskind is mal oor enige sport en dit neem baie tyd in beslag.  Dankie dat al die inligting en vraestelle so nuttig te pas kom.  Ek is 'n besige mamma en het nie altyd die tyd om alles af te laai nie.  Dankie vir die nuwe opsie om die CD's te ontvang en ook die nuwe inligting van die webtuiste af te laai.  Uitstekende diens en beslis waarde vir geld!  Annelie van Graan

Ek is ‘n spraak- taalterapeut en oudioloog en werk met skoolgaande kinders wat taal en leerprobleme ervaar. Ek moes in die verlede gedurig inligting soek om werkkaarte uit te werk. Jul program is baie omvattend en vul mekaar aan.  Ek gebruik al jul produkte en dit is 'n groot hulp in my leer sentrum.  A Louwies

Ek moet vir jou baie dankie sê vir jul goeie diens en puik produkte wat jul aan ons lewer om ons kinders te help, want as jy 3 kinders het en jou eie besigheid het, kan dit maar dol raak.  Marita Greyvenstein

Dankie vir 'n WONDERLIKE webtuiste, dis vir my elke sent werd! Ek het gisteraand by julle aanlyn subskripsie aangesluit en is opgewonde oor al die dinge wat ek saam met my kind leer.  Cherise Fourie

Dankie vir deurlopende flink, vriendelike diens. Hierdie webtuiste is puik en help ons baie!  Retha van As

Dankie weereens vir 'n wonderlike website ... ek is verlore sonder hom!  Thereza van der Merwe

Ek is een van jou eerste kliënte en het nog elke jaar al die CD's aangekoop en ook aanlyn geregistreer om die nuwe inligting af te laai.  Die Durant’s se huishouding kan nie sonder Afrikaanse Skoolprojekte nie.  My kinders kry al die inligting vir hul portfolios en hul rapport-punte skitter.  Uitstekende diens!  Lititia Durant

My Mandjie
Produk Prys  
Totaal: R0.00  
Sagepay
Ons doel is om leerders en hul ouers te ondersteun in die voorbereiding van hul toekoms!
© Alle regte voorbehou. Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer of gekopieer en versprei of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van die eienaar van Afrikaanse Skoolprojekte nie.