SWART VRYDAG SPESIALE AANBOD: 50% AF

Maandag, 22 November 2021

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Wees gereed vir ’n uitsonderlike 2022 skooljaar.

blogImage

Ons het ’n baie spesiale Swart Vrydag aanbod vir jou.

Massiewe besparings op alle pakkette.


Kry ’n voorsprong vir volgende jaar se beplanning:
1. Wat ons aanbied.
2. Waarom jy nou jou kinders se subskripsie moet hernu.
3. Kry jou 2022 subskripsie teen ’n baie spesiale prys.
4. Kry toegang tot honderde kwaliteit opvoedkundige hulpbronne.
5. Ons is hier om jou kinders te help bou aan ’n blink toekoms.
6. Het jy meer as een kind?
7. Die aanbod is vir ’n beperkte tyd beskikbaar.
8. Begin hier.


1. Wat ons aanbied.
Ons spesialiseer in oefen-eksamenvraestelle en werkkaarte met antwoorde. Alle vakke vanaf Graad 1 – 10 is op CAPS gebaseer. Die verskillende studieprogramme vul mekaar aan en is beskikbaar in pakkette. Ons leermateriaal is deeglik en maklik toeganklik. Alle inhoud is aflaaibare; uitdrukbare PDF-dokumente.


2. Waarom jy nou jou kinders se subskripsie moet hernu.
Ja, die skole het nog nie eers gesluit nie... maar... As jy ook een van talle ouers is wat graag hulle kinders wil ondersteun om volgende jaar ’n reuse sukses te maak, nou is die tyd om jou subskripsie te hernu. Kry ’n voorsprong. Sluit nou aan en begin vooruit met volgende jaar se beplanning. Jy kry onmiddellike toegang tot die hele jaar se studie-hulpbronne wanneer jy aansluit.


3. Kry jou 2022 subskripsie teen ’n baie spesiale prys.
Om jou kinders te help om sukses op skool te bereik word ons studie-hulpbronne aangebied teen ’n spesiale prys. Ons Prima Pakkette en Standaard Pakkette is 50% afgemerk.

Prima Pakket R950 per graad
(Gewone prys R1 900)
Die Prima Pakket is die mees omvattende subskripsie plan. Die Prima Pakket sluit vyf leerprogramme in.

  • ‘Werkboeke en Antwoorde’ (Graad 1 – 3) // ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’ (Graad 4 – 10)
  • ‘Afrikaanse Skoolensiklopedie’
  • ‘Alles Afrikaans Huistaal’
  • ‘Easy English First Additional Language’
  • ‘Prethoek’ (Graad 1 – 7) // ‘Beroepsvoorligting’ (Graad 8 – 10)


Standaard Pakket R700 per graad
(Gewone prys R1 400)
Die Standaard Pakket is die gewildste keuse vir toets- en eksamenvoorbereiding en sluit een leerprogram in.

  • ‘Werkboeke en Antwoorde’ (Graad 1 – 3) // ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’ (Graad 4 – 10)


4. Kry toegang tot honderde kwaliteit opvoedkundige hulpbronne.
Klik op jou kinders se grade hieronder vir meer besonderhede.

GRONDSLAGFASE
Graad 1
Graad 2
Graad 3

INTERMEDIÊRE FASE
Graad 4
Graad 5
Graad 6

SENIOR FASE
Graad 7
Graad 8
Graad 9

VERDERE ONDERWYS- EN OPLEIDINGSFASE
Graad 10


5. Ons is hier om jou kinders te help bou aan ’n blink toekoms.
Skoolwerk is stresvol vir baie kinders (en ouers). ’n Maklike oplossing om te verseker dat jou kinders gereed is vir hul eksamens is eenvoudig om te oefen hoe om eksamens te skryf. Hierdie metode is so voor die hand liggend dat dit dikwels oor die hoof gesien word.

Die voordeel is dat dit jou kinders die geleentheid gee om in ’n stres-vrye omgewing hulself te toets. Dit is belangrik om die kennis wat hul opgedoen het oor te dra in die eksamenvraestel-formaat. Hulle sal met selfvertroue in die eksamenlokaal instap as hul reeds daaraan gewoond is om eksamens te skryf.

Met behulp van ons hulpbronne kan jou kinders hul studie-skedule en tempo bepaal volgens hul eie persoonlikheid, behoeftes en vordering. Sodoende kan hul brein meer inligting stoor en blywende herinneringe maak. Hierdie metode sal meer effektief wees en beter resultate lewer. Om so te leer is ook baie lekkerder.


6. Het jy meer as een kind?
Voeg nog pakkette by die mandjie en bespaar ’n addisionele 20%. Die prys sal outomaties in jou mandjie aangepas word.


7. Die aanbod is vir ’n beperkte tyd beskikbaar.
Die Swart Vrydag Spesiale Aanbod is geldig vanaf 22 November 2021 tot 29 November 2021.

Benut hierdie geleentheid om aan te sluit vir die beste studie hulpmiddels. Kry jou Prima of Standaard Pakket nou.


8. Begin hier.
Registreer op ons webtuiste om jou profiel met inteken-besonderhede te skep. ’n Rekening word benodig om jou subskripsie met aflaaibare produkte te aktiveer.

Besoek asseblief hierdie bladsy vir volledige stappe Hoe Om Aan Te Sluit.


Gee vir jou kinders die beste geleentheid om hul potensiaal te bereik.
Moenie ons Swart Vrydag Spesiale Aanbod misloop nie.

Sluit nou aan

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

ONS TREFFENDE NUWE WEBTUISTE IS LEWENDIG

Na twee jaar van konseptualisering, deeglike beplanning en toewyding is ons baie opgewonde om ons nu...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.