SUBSKRIPSIE DIENS

Ons ondersteun leerders in die voorbereiding vir hul toekoms.

ONS SUBSKRIPSIE DIENSTE

Oor Ons Subskripsie Dienste

Afrikaanse Skoolprojekte bied aanlyn-gebaseerde subskripsies aan vir aanvullende opvoedkundige programme van hoë gehalte vir Suid-Afrikaanse leerders wat die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) vir KABV (“CAPS”) volg.

Besonderhede Van Ons Subskripsies

Subskripsie planne is beskikbaar as pakkette wat bestaan uit een van die volgende:
Prima Pakket (vyf produkte)
Standaard Pakket (een produk)
Keuse Pakket (’n keuse van produkte)
Lede ontvang onmiddellike toegang tot alle inhoud van die pakket.
Al die inhoud is aflaaibare; uitdrukbare PDF-dokumente.
Toegang tot die dokumente kan verkry word deur rekenaars, tablette en mobiele toestelle met ’n internet konneksie.
Ons digitale platform werk op verskeie bedryfstelsels, waaronder Microsoft Windows, Apple Mac OS X, Apple IOS, Android en Linux.
Ons bied subskripsie planne vir een tot drie grade per huishouding aan.
Subskripsies verval jaarliks op 31 Desember.

Hoe Subskripsies Werk

Lede kry toegang tot ’n aanlyn subskripsie-gebaseerde pakket vir die graad(e) van hul keuse.
Lede teken in met hul e-posadres en wagwoord om die inhoud te kan aflaai.
’n Subskripsie is geldig vir die tydperk waarin ’n leerder in ’n spesifieke graad is daardie skooljaar.
Subskripsies word nie na die volgende graad oorgedra tydens die komende jaar nie.
Dokumente kan afgelaai word totdat ’n subskripsie op 31 Desember elke jaar verstryk.
Pryse word ooreenstemmend gedurende die jaar aangepas.
Die betaalopsies vir ’n subskripsie is ’n enkele betaling of ’n maandelikse debietorder.

Besigtig die graad van jou keuse vir subskripsie planne en pryse.

SUBSKRIPSIE PLANNE

Subskripsies is beskikbaar vir een tot drie grade per huishouding.
’n Spesiale prys is beskikbaar vir meer as een graad.

1 Leerder
2 Leerders
3 Leerders

Subskripsies vir ons aanvullende opvoedkundige programme is beskikbaar in die volgende pakkette:

Prima Pakket

Die Prima Pakket is die mees omvattende subskripsie plan. Vyf leerprogramme is ingesluit met die Prima Pakket. Ons verskillende leerprogramme vul mekaar aan. Al die produkte vir die graad van jou keuse is ingesluit.

Die Prima Pakket bestaan uit:

‘Werkboeke en Antwoorde’ of ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’
‘Afrikaanse Skoolensiklopedie’
‘Easy English First Additional Language’
‘Alles Afrikaans Huistaal’
‘Prethoek’ (laerskoolleerders) of ‘Beroepsvoorligting’ (hoërskoolleerders)

Standaard Pakket

Die Standaard Pakket is die gewildste keuse vir toets- en eksamenvoorbereiding. Een leerprogram is ingesluit met die Standaard Pakket.

Die Standaard Pakket bestaan uit:

‘Werkboeke en Antwoorde’ of ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’

Keuse Pakket

Die Keuse Pakket laat gebruikers toe om hul eie pakket saam te stel uit ons beskikbare produkte. Vakke binne ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’ kan afsonderlik gekies en aangekoop word.

Sien ons Produkte bladsy vir meer inligting oor wat elke produk insluit.
Vir gebruiksvoorwaardes, lees ons Bepalings en Voorwaardes.

BETAAL OPSIES

Ons jaarlikse subskripsie fooie is ’n eenmalige betaling of ’n maandelikse debietorder.

Eenmalige Betaling

Kredietkaart Transaksie
Ons kredietkaart transaksies word deur Netcash verseker. Suksesvolle kredietkaarttransaksies sal ’n faktuur ontvang en aanduiding dat jy die dokumente kan aflaai saam met die instruksies hoe om dokumente af te laai. Jou rekening sal outomaties toegang tot jou produkte hê.

Elektroniese Fonds Oorplasing (“EFT”) Transaksie
Elektroniese Fonds Oorplasing (“EFT”) Transaksie EFO-transaksies sal ’n faktuur ontvang en aanduiding dat jy die dokumente kan aflaai saam met die instruksies hoe om dokumente af te laai sodra ’n bewys van betaling ontvang is. Jou rekening sal handmatig geaktiveer word vir toegang tot jou produkte. Stuur die bewys van betaling per e-pos na: verkope@afrikaanseskoolprojekte.co.za. Gebruik jou naam en faktuurnommer as verwysing.

Maandelikse Debietorder

Debietorder Transaksie
Betaling vir die subskripsie per debietorder word in maandelikse paaiemente gedoen. Die aantal maandelikse paaiemente word bereken volgens die skooljaar. Alle debietorderonttrekkings word deur Netcash verwerk. Die paaiemente word op die dag van die maand soos deur jou aangedui vanaf jou bankrekening gevorder. Subskripsies sal geaktiveer word vir toegang om af te laai op die datum van betaling van die eerste paaiement. Die eerste paaiement word per debietorder onmiddellik van jou bankrekening gevorder.

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.