MEER OOR ONS

Ons ondersteun leerders in die voorbereiding vir hul toekoms.

ONS VISIE

Ons Doel

Binne elke kind is daar onbeperkte potensiaal. Ons glo dat elke kind die beste geleentheid moet kry om dit te ontsluit. Ons streef daarna om kinders deur kennis en opvoeding te inspireer en te bemagtig. ’n Sterk akademiese fondasie stel kinders in staat om hul grootste drome te verwesenlik. As suksesvolle volwassenes sal hulle vir hulself ’n blink toekoms kan skep en die toekomstige pioniers van Suid-Afrika word.

Hoekom Ons Uniek Is

Deur ons passie, toewyding en vasberadenheid verskaf ons uitstekende en innoverende aanvullende studieprogramme wat nodig is vir kinders om die beste onderrig te ontvang wat hulle moontlik kan. Die hoeveelheid hulpbronne wat ons aanbied, is ongeëwenaard en met ons fokus op detail bied ons ’n kwaliteit ervaring. Ons is een van die pionierstudiewebtuistes vir Suid-Afrikaanse leerders. Na meer as ’n dekade se toewyding, sedert 2005, het ons slegs begin met die verandering van kinders se lewens!

visie-afrikaanse-skoolprojekte-screen.

Ons Toekomsverwagtinge

Ons soek altyd unieke metodes wat ondersteuning bied aan kinders van alle ouderdomme, in alle fasette van hul opvoeding. Ons visie vir die toekoms is gemik op die uitbreiding van tegnologies-gedrewe interaktiewe leer wat kinders se akademiese ervaring verbeter en voortdurend uitsonderlike resultate lewer. Ons poog om ons platform toeganklik te maak vir alle kinders en om ’n handelsmerk te wees waarop ouers kan vertrou vir hul kinders se opvoeding.

ONS MISSIE

Ons Missie

Ons glo in kinders se onbeperkte potensiaal, daarom is dit ons doel om uitnemendheid na te streef ter ondersteuning van hul akademiese prestasie.

Deur ons digitale opvoedkundige platform verskaf ons aanvullende studieprogramme wat kinders se akademiese ervaring sal verryk. Ons ontwikkel voortdurend ons platform om simplisties, toeganklik en gebruikersvriendelik te wees. Ons beoog om inhoud te verskaf wat relevant, akkuraat en van hoë gehalte is vir alle Suid-Afrikaanse leerders. Ons wil die leerproses lekker, interessant en inspirerend maak met pragtige en helderkleurige estetika. Ons wil leerwerk maklik en aangenaam maak, sonder spanning, druk of vrees. Ons studiehulpbronne beoog om uitsonderlike resultate te lewer. Ons streef daarna om kinders toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om ’n verskil in die wêreld te maak.

Ons Waardes

Ons baseer elke besluit en aksie op ons maatskappy se kernwaardes:

Gehalte
Ons bied elke kliënt ’n kwaliteit ervaring.
Toewyding
Ons is daartoe verbind om ’n verskil in kinders se lewens te maak.
Betroubaarheid
Ons kliënte kan op ons vertrou om daar te wees tydens elke tree van hul akademiese reis.
Innovasie
Ons streef daarna om kreatief en vooruitdenkend te wees in die ontwikkeling van ons inhoud.
Passie
Ons is lief vir wat ons doen en deel met passie hierdie liefde vir leer.

visie-afrikaanse-skoolprojekte-screen.

WAT ONS DOEN

Wat Ons Doen

Afrikaanse Skoolprojekte is ’n digitale opvoedkundige platform vir Suid-Afrikaanse leerders wat die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) vir KABV (“CAPS”) volg. Ons ondersteun leerders in hul akademiese loopbaan deur die voorsiening van aanvullende studieprogramme. Ons produkte is beskikbaar as subskripsie-gebaseerde pakkette. Al ons inhoud is aflaaibare; uitdrukbare PDF-dokumente wat toeganklik is op rekenaars, tablette en mobiele toestelle met ’n internet konneksie.

Die inhoud van ons studieprogramme is ontwerp deur ’n noukeurig geselekteerde span kundiges wat onderwysers, voormalige onderwysers, ontwerpers en ander professionele persone insluit. Die doel van ons studieprogramme is om die leerervaring maklik, pret, interessant en inspirerend vir leerders te maak. Ons verskillende programme komplementeer mekaar met die doelstelling om die begrip van hoe die onderwerpe van ’n vak bymekaar pas te verbeter, asook hoe verskillende vakke tot die groter geheel bydra.

Ons kernfokus is om leerders te ondersteun met doeltreffende voorbereiding vir die skryf van toetse en eksamens. Ons hulpbronne, soos eksamenvraestelle en studiegidse, beoog om vir kinders en ouers waardevolle tyd te spaar, stres en angs te verminder en selfvertroue te versterk. Kinders kan hul studieskedule opstel volgens hul persoonlikheid, behoeftes en vordering. Op hierdie manier sal hul brein meer inligting kan behou. Deur op die slim manier te leer, sal kinders meer tyd hê om hul werk te hersien en hul vaardighede te verbeter. Sodra kinders hierdie akademiese uitdagings bemeester het, sal hulle die selfvertroue hê om eksamens te skryf en akademies te presteer.

GESKIEDENIS

Ons Verhaal

Afrikaanse Skoolprojekte is in 2005 deur Elderie Claassen gestig. Afrikaanse Skoolprojekte, saam met ASP School Projects, wat in 2013 gestig is, vorm deel van die groep ASP Education sedert 2018 waarvan Elderie Claassen die Hoof Uitvoerende Beampte is.

Elderie is ’n voormalige onderwyseres en passievol oor die skoolonderrig van kinders. Sy het self twee kinders van haar eie.

As ’n ma met besige kinders en ’n entrepreneur met haar eie besigheid ervaar sy dat die tyd beperk is om jong kinders te help met huiswerk en skooltake. Deur Afrikaanssprekend te wees met kinders wat in Afrikaans skoolonderrig ontvang let sy op dat inligting in Afrikaans gedurende die vroeë 2000’s moeilik bekombaar was, die internet was redelik nuut en die meeste inligting was slegs in Engels beskikbaar. Sy het besef dat handboeke vinnig verouder en kinders knip prente en woorde uit boeke en tydskrifte uit om skooltake te voltooi. Sy het die behoefte raakgesien om kinders en hul ouers te help met inligting in Afrikaans.

Haar liefde vir kennis, eindelose kreatiwiteit, onderwys-kundigheid en besigheidsagtergrond het haar in staat gestel om ’n unieke oplossing aan kinders en ouers te verskaf. Sy en ’n hegte span kundiges wat haar visie deel, begin in 2003 met navorsing en die ontwikkeling van ’n opvoedkundige program vir Afrikaanse skoolkinders. Dit was die ontstaan van Afrikaanse Skoolprojekte. Later word ’n Engelse weergawe daarvan bygevoeg wat bekend staan as ASP School Projects.

ASP Education is vandag een van die grootse digitale opvoedkundige platforms vir Suid-Afrikaanse leerders, met honderde dokumente gesamentlik op Afrikaanse Skoolprojekte en ASP School Projects.

Die Begin

Navorsing en ontwikkeling aan ’n opvoedkundige program in Afrikaans begin.

Afrikaanse Skoolprojekte word gestig.

Bekendstelling van ‘Afrikaanse Skoolprojekte’ die 1ste produk.

‘Afrikaanse Skoolprojekte’ is ’n innoverende produk met digitale dokumente op CD en bestaan uit meer as 300 Skooltake in Afrikaans met foto’s, illustrasies en sketse. Die inhoud van die take handel oor verskeie onderwerpe wat leerders behandel op skool en is gebaseer op die Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) (“OBE”) kurrikulum. Die inhoud is in temas verdeel, bv. Die Aarde, Bekende Mense, Biologie, Diere, Ekonomie, Gelowe en Kulture, Geskiedenis, Geografie, Kuns, Lande van die Wêreld, Plante, Sterrekunde, Suid-Afrika, Tegnologie- en Uitvindsels en Wetenskap. Ouers het die voordeel en gerieflikheid van taakinligting in Afrikaans raakgesien en die akademiese vordering in hul kinders ervaar. Daagliks het bestellings ingestroom en CD’s is landswyd en internasionaal gepos.

Bekendstelling van Afrikaanse Skoolprojekte se 2de produk op CD – ‘Alles Afrikaans’ en kort daarna die 3de produk – ‘Easy English’.

‘Alles Afrikaans’ is ’n taalleerprogram in Afrikaans vir leerders met Afrikaans as Huistaal. ‘Easy English’ is ’n taalleerprogram in Engels vir leerders met Engels as Eerste Addisionele Taal. Min handboeke en riglyne was voorheen beskikbaar vir Suid-Afrikaanse leerders wat die UGO-kurrikulum gevolg het wat alles omvattend van die Afrikaanse en Engelse taal aan leerders kon verduidelik. Die twee produkte is ontwikkel om leerders te ondersteun in hul lees- en skryfvaardighede, sowel as taal- en spelreëls en riglyne vir die skryf van opstelle en toesprake. Dit bevat ook opsommings van voorgeskrewe boeke, sowel as prosa en poësie, wat in die Afrikaanse en Engelse klaskamers behandel word.

'n Eerste Van Sy Soort

Afrikaanse Skoolprojekte betree die internet-wêreld as ’n pionier deur ’n vooruitstrewende studie-webtuiste in Afrikaans bekend te stel – van die eerste van sy soort.

Afrikaanse Skoolprojekte se marknavorsing het die leemte geïdentifiseer om inligting vir Afrikaanssprekende skoolkinders op die internet beskikbaar te stel. Die internet het op hierdie stadium drasties gegroei en begin gewild raak in huishoudings. Die webtuiste stel ouers en onderwysers in staat om makliker die studiemateriaal van Afrikaanse Skoolprojekte te bekom.

Afrikaanse Skoolprojekte werk aan die ontwikkeling en uitbreiding van bestaande- sowel as nuwe produkte.

Afrikaanse Skoolprojekte het ’n bydrae gelewer aan die ontwikkeling van ‘WSpel’. ‘WSpel’ is ’n Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office – een van die grootste van sy soort ter wêreld. WSpel se aantal woorde is uitgebrei deur woorde te inkorporeer vanaf Afrikaanse Skoolprojekte se bronne van woorde wat voorheen nie ingesluit is by WSpel se woordelys nie. WSpel is gratis beskikbaar aan almal om die Afrikaanse taal te bevorder.

Afrikaanse Skoolprojekte stel twee nuwe produkte bekend naamlik ‘Eksamenvraestelle Laerskool (Graad 4 – 7)’ en ‘Eksamenvraestelle Hoërskool (Graad 8 – 12)’.

Hierdie studieprogramme is ontwikkel na aanvraag van ouers wat hul kinders se akademiese prestasie wil verbeter. Die werklading wat kinders op skool het is groot, met min studietyd, dus moet hul op die regte manier leer om die meeste uit hul studie-sessies te kry. Navorsing toon dat die mees effektiewe studie metode om eksamengereedheid te verseker is deur selftoetsing – m.a.w. die uitwerk van oefenvraestelle. Afrikaanse Skoolprojekte se voorbeeld eksamenvraestelle is aanvanklik op die UGO-kurrikulum (“OBE”) gebaseer. Dit is ontwikkel om leerders aan te moedig om nie net die inhoud van die werk te ken en verstaan nie, maar om vrae op die korrekte manier te beantwoord en die hoogste punte in ’n eksamen te behaal. Leerders moet die tegniek en kuns om eksamen te skryf, bemeester. Dit is uiters belangrik vir leerders om hulself te toets deur voorbeeld vraestelle uit te werk wat op dieselfde manier gevra is as ’n NSS (“NSC”) eksamen. Ouers en leerders se terugvoer was positief aangaande die nuwe leerprogram vir eksamenvoorbereiding. Leerders se kennis en selfvertroue het verbeter nadat die studiemateriaal bemeester is.

Afrikaanse Skoolprojekte se webtuiste word opgedateer met ’n nuwe funksie. Dokumente kan nou direk van die webtuiste afgelaai word. Dit vergemaklik die gebruiker se ervaring. Die voordeel is dat ouers en kinders onmiddellik toegang het tot die webtuiste en alle bronne, sowel as alle nuwe inligting wat toegevoeg word tot die webtuiste.

‘Briljante Breintjies (Graad 1 – 3)’ word bekendgestel.

‘Briljante Breintjies’ is aanvullende werkkaarte en opdragte vir grondslagfase leerders. Dit is ekwivalent aan die ‘Eksamenvraestelle’ reeks.

‘Eksamenvraestelle en Toetse (per Graad)’ word bekend gestel en vervang ‘Eksamenvraestelle Laerskool (Graad 4 – 7)’ en ‘Eksamenvraestelle Hoërskool (Graad 8 – 12)’.

Vraestelle vir alle grade (1 – 12) word afsonderlik aangebied met alle vakke vir elke graad ingesluit. Die studiemateriaal is op die UGO-kurrikulum (“OBE”) gebaseer. Leerders vind baat deur die voorbeeld eksamenvraestelle wat spesifiek vir hul graad en vakke opgestel is.

Nuwe Uitdagings en Geleenthede

Die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) (“CAPS”) word tussen 2012 en 2014 deur die Departement van Basiese Onderwys (DBO) geïmplementeer.

CAPS vervang die vorige UGO-Kurrikulum. Die voordeel is dat alle leerders in Suid-Afrika CAPS moet volg. Nasionaal word vakke dieselfde aangebied en volgens kwartale ingedeel. Hierdie verandering in kurrikulum skep ’n nuwe uitdaging en geleentheid vir Afrikaanse Skoolprojekte. Afrikaanse Skoolprojekte ontwikkel ’n nuwe webtuiste met inhoud wat CAPS volg. Dit stel Afrikaanse Skoolprojekte in staat om internet gebaseerde-studie na ’n hoër vlak te neem.

Die produk ‘Afrikaanse Skoolprojekte’ word herbekendgestel as ‘ASP Skool Ensiklopedie’.

Afrikaanse Skoolprojekte se intree produk ‘Afrikaanse Skoolprojekte’ het vanaf die bekendstelling in 2005 tot en met 2011 merkwaardig gegroei in volume. ‘Afrikaanse Skoolprojekte’ met aanvanklik slegs 300+ skooltake, word herbekendgestel as ‘ASP Skool Ensiklopedie’ – ’n volledige ensiklopedie gerig op skoolkinders met honderde dokumente in Afrikaans.

‘Prethoek’, ’n opvoedkundige speletjie-program vir laerskoolleerlinge, word bekend gestel.

‘Prethoek’ bevorder denkvermoë, taal- en wiskundige begrippe, hand- en oog koördinasie en bou ’n groter algemene kennis op. Dit sluit flitskaarte, legkaarte, kinderstories, wiskunde speletjies en vele ander ontwikkelingsaktiwiteite in.

‘Beroepsvoorligting’ word bekendgestel vir Hoërskoolleerders.

‘Beroepsvoorligting’ is ontwikkel om tieners te ondersteun in die voorbereiding van hul toekoms na skool. Die program fokus op tieners se persoonlikhede, belangstellings en kwaliteite en help hul om ’n ingeligte besluit te maak wanneer hulle ’n studierigting kies en aansoek doen by universiteite.

Skoolonderrig in Engels

ASP School Projects is gestig en ’n nuwe webtuiste word bekendgestel. ASP School Projects is die Engelse weergawe van Afrikaanse Skoolprojekte.

ASP School Projects is ontwikkel om aan die behoeftes van bestaande Engelssprekende kliënte te voorsien, sowel as die aanvraag vir studie-hulpmiddels vir Suid-Afrikaanse leerders wat CAPS volg en in Engels skoolonderrig ontvang. ASP School Projects verbreed die doelwit om leerders akademies te ondersteun, sowel as met die voorbereiding van hul toekoms. Inleidende produkte vir ASP School Projects sluit in: ‘Exam Papers and Answers (Grades 1 - 9)’, ‘Easy English’, ‘Alles Afrikaans’, ‘Fun Corner’ en ‘Career Guide’.

Vooruitgang in ’n Digitale Era

Tegnologie het vooruitgang gemaak en die gebruik van slimfone, tablette ens. is algemeen. Ontwikkeling aan nuwe webtuistes wat koers hou met die nuutste funksies is in proses gesit vir Afrikaanse Skoolprojekte en ASP School Projects.

’n Blogreeks in Afrikaans en Engels word begin.

Die blog artikels deel waardevolle advies en wenke om skoolkinders te ondersteun – nie net om akademies te presteer nie, maar op alle terreine wat nodig is vir kinders se ontwikkeling en om gesond, gelukkig en suksesvol te wees.

’n Blink nuwe voorkoms.

Afrikaanse Skoolprojekte en ASP School Projects word saam gegroepeer onder ASP Education groep en nuwe webtuistes word vir Afrikaanse Skoolprojekte en ASP School Projects bekendgestel.

Afrikaanse Skoolprojekte en ASP School Projects spog met ’n blink nuwe voorkoms. Die nuwe webtuistes stel gebruikers in staat om met gemak op enige toestel die webtuiste te besoek en dokumente af te laai. Die gebruikerservaring is in vele opsigte verbeter deur vinnige aankoop-metodes en nuwe soek- en aflaai funksies.

Produkte vir Afrikaanse Skoolprojekte sluit in:

‘Werkboeke en Antwoorde (Graad 1 – 3)’, ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde (Graad 4 – 10)’, ‘Afrikaanse Skoolensiklopedie’, ‘Alles Afrikaans Huistaal’, ‘Easy English First Additional Language’, ‘Prethoek’ en ‘Beroepsvoorligting’.

Produkte vir ASP School Projects sluit in:

‘Worksheets and Answers (Grade 1 – 3)’, Exam Papers and Answers (Grade 4 – 10)’, ‘Easy English’, ‘Alles Afrikaans’, ‘Fun Corner’ en ‘Career Guide’.

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.