KURRIKULA

Ons ondersteun leerders in die voorbereiding van hul toekoms.

DIE ONDERWYSSTELSEL IN SUID-AFRIKA

Die onderwysbeleid vir Suid-Afrikaanse skole word bepaal deur die Departement van Basiese Onderwys (DBO) (“DBE”). Die huidige beleid vir leer en onderrig in Suid-Afrikaanse skole word beliggaam in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) (“NCS”) Graad R – 12.

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (KABV) (“CAPS”) is die huidige kurrikulum wat in Suid-Afrika geïmplementeer word. CAPS het Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) (“OBE”) vervang en is tussen 2012 en 2014 geïmplementeer. Volgens die DBO is CAPS nie heeltemal ’n nuwe kurrikulum nie, maar ’n wysiging van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV). CAPS is geskryf om inhoudsformaat eerder as uitkomsformaat van die voormalige UGO-onderrigmetode te volg. Dit beteken dat daar nou een omvattende Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleid vir elke vak is.

CAPS bepaal die vereistes en standaarde vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) (“NSC”). Dit is die amptelike naam van die Suid-Afrikaanse matriek (Graad 12) eksamen. Die NSS was voorheen bekend as die Verdere Onderwys en Opleidingsertifikaat (VOOS) (“FETC”). Die NSS is geakkrediteer, gemodereer en onder toesig van Umalusi, die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, om te verseker dat gehaltestandaarde nagekom word. Suid-Afrikaanse matrikulante skryf dus ’n NSS-eksamen wat deur die DBO opgestel is om hul Nasionale Senior Sertifikaat te verwerf.

DIE ROL VAN AFRIKAANSE SKOOLPROJEKTE

Vandag se opvoedkundige omgewing en huidige kurrikulum kan vir leerders uitdagend wees. Die implementering van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R – 12 sedert 2012 het bygedra tot ’n aantal nuwe hindernisse om te oorkom. Ten spyte van die vermindering van administratiewe las op onderwysers en gedetailleerde leiding oor wat in die klaskamer geleer moet word, word veranderinge altyd met ’n mate van onsekerheid ontvang. Ouers is nie altyd vertroud met die onderwerpe wat behandel word en die verlangde uitkomste wat van hul kind verwag word nie.

Dit is ons doel by Afrikaanse Skoolprojekte om te verseker dat leerders gemaklik is met die huidige onderwysstelsel. Ons studiemateriaal en metodologie is ontwikkel deur ons span kundiges op ’n manier wat gereedheid vir eksamens verseker en effektiewe resultate lewer. Ons baseer ons opvoedkundige studiemateriaal op CAPS. Die onderwerpe wat gedek word volg dieselfde formaat en volgorde soos deur die kurrikulum uiteengesit. Ons studiemateriaal word saamgestel uit verskeie bronne, insluitend handboeke van al die vooraanstaande uitgewers. Leerders kan van ons voorbeeld-oefenvraestelle dieselfde tipe vrae verwag wat in die eksamen gevra word soos vereis deur die kurrikulum.

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.