HOE OM AF TE LAAI

Om dokumente van enige van ons leerprogramme af te laai moet jy geregistreer wees as ’n gebruiker, met ’n geldige lisensie en aktiewe subskripsie plan vir enige van ons pakket-opsies.

As jy reeds aangesluit het kan jy hier inteken om toegang tot jou produkte te kry om dokumente af te laai.
Indien jy nog nie aangesluit het nie kan jy hier klik om te registreer as ’n nuwe gebruiker.
Om aan te sluit vir ’n subskripsie plan klik op die graad van jou keuse in Produkte. Voeg die verlangde pakket by jou mandjie en volg die stappe om jou bestelling te plaas.
Om PDF-dokumente oop te maak kan jy die nuutste weergawe van Adobe Acrobat Reader gratis hier aflaai.

STAPPE OM AF TE LAAI

  1. Teken in op jou rekening.
  2. Klik op ‘My Profiel’ tweede van regs aan die bokant.
  3. Kies ‘My Produkte’ vanaf die tuimelkieslys.
  4. Jy sal gerig word aan die ‘My Produkte: Oorsig’ bladsy. Hierdie bladsy sal jou ‘Aktiewe Subskripsies’ vertoon – die produkte wat vir jou beskikbaar is om af te laai, byvoorbeeld ‘Graad 6 Prima Pakket’.
  5. Kies die leerprogram binne die pakket wat jy graag wil aflaai, byvoorbeeld ‘Graad 6 Eksamenvraestelle en Antwoorde’, deur om ‘Sien’ te klik.
  6. Jy sal gerig word aan die leerprogram se aflaai-bladsy.
  7. Kies die onderwerp wat jy belangstel om af te laai, byvoorbeeld ‘Afrikaans Huistaal’.
  8. Die onderwerp sal uitbrei en die dokumente daarbinne sal sigbaar wees.
  9. Jy kan ’n voorskou van elke dokument besigtig voordat jy dit aflaai. Klik op die voorskou ikoon aan die linkerkant van die dokument naam.
  10. Jy sal hierdie opsies beskikbaar hê langs elke dokument.
    • Laai dokumente af
    • Laai dokumente af
  11. Kies die dokument wat jy wil aflaai deur die aflaai ikoon te klik in die kolom getiteld ‘Laai dokumente af’.
  12. Wanneer jy gevra word om die dokumente te stoor, kies die bestemming op jou rekenaar of toestel se hardeskyf waar jy wil hê die dokumente gestoor moet word.
  13. Navigeer na die gekose ligging op jou rekenaar of toestel om die afgelaaide items oop te maak en te besigtig. As jou webblaaier (“browser”) opgestel is om dokumente outomaties af te laai in ’n verstekligging (“default location”) op jou hardeskyf (byvoorbeeld die “Downloads” lêer in jou “Documents” of “User Directory”) sal jy die dokumente en zip-lêers daar vind.
  14. Jou aantal beskikbare kere om elke dokument af te laai sal gereflekteer word in die kolom gemerk ‘Beskikbaar vir aflaai’. Jy het 3 beskikbare aflaai pogings vir elke dokument.
  15. As ’n dokument die maksimum toegelate aflaai-beurte bereik sal jy nie weer die dokument kan aflaai nie. Sou daar aanhoudend probeer word om verder die dokument af te laai sal jou rekening tydelik onderbreek en ondersoek word vir enige verdagte aktiwiteit.

OOR PDF DOKUMENTE

Dit word aanbeveel om PDF-dokumente oop te maak met Adobe Acrobat Reader DC, wat die gratis en betroubare standaard is vir die lees, druk en annoteer van PDF’s.

Jy kan die nuutste, relevante inligting oor Adobe-produkte hier vind.
Jy kan die nuutste weergawe van Adobe Acrobat Reader gratis hier aflaai.
Jy kan die Algemene Navrae van Adobe Acrobat Reader hier lees.

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.