DEBIETORDER FASILITEIT

Maandelikse Debietorder

Debietoder Transaksie

Betaling vir die subskripsie per debietorder word in 12 (twaalf) maandelikse paaiemente gedoen. Die ooreenkoms is geldig vir 'n minimum van een jaar (12 maande). Die kontrak moet in maand 11 van die aanvanklike kontrak gekanselleer word. As geen kansellasie ontvang word nie, sal die kontrak outomaties elke jaar vir nog twaalf maande hernu word en die subskripsie sal oorgedra word na die volgende graad. ‘n Kontrak vir graad 12 is die enigste uitsondering op die reël. Geen kennisgewing of kansellasie sal binne die eerste 12 maande van hierdie kontrak aanvaar word nie. Die maandelikse bedrag mag jaarliks met R5,00 verhoog word. Alle debietorderonttrekkings word deur NuPay verwerk. Die paaiemente word op die 25ste van elke maand vanaf jou bankrekening gevorder. Subskripsies sal geaktiveer word vir toegang om af te laai op die datum van betaling van die eerste paaiement.

Belangrik: U gaan ’n SMS boodskap ontvang om die debietordermagtiging goed te keur op u Bank Toep of internetbankdiens - verwysing NP_ASP.

Stuur die voltooide debietordervorm per e-pos na: verkope@afrikaanseskoolprojekte.co.za.

Jou subskripsie sal handmatig geaktiveer word vir toegang tot jou produkte sodra die debietordervorm ontvang is en die debietordermagtiging goedgekeur is. Jou lisensie is geldig vir een gebruiker.

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.