ALGEMENE NAVRAE

Hier sal jy antwoorde kry vir sommige van die mees gereelde vrae.

As jou vraag nie beantwoord is nie kan jy gerus ’n boodskap laat op ons Kontak Ons bladsy.
Let asseblief daarop dat tegniese ondersteuning word slegs aan betalende rekeninghouers verskaf.
Indien jy ons kontak vanaf ’n ander e-posadres as waarmee jy geregistreer het, verskaf asseblief jou rekeningbesonderhede, insluitend die e-posadres waarmee jy geregistreer het en die subskripsie waarvoor jy aangesluit het, asook enige ander inligting wat ons sal help met jou navraag.

PRODUKTE

Besoek ons ‘Produkte’ bladsy en klik op die graad van jou keuse vir ’n gedetailleerde beskrywing van ons pakket opsies en die leerprogram(me) (produk(te)) ingesluit in elkeen. Jy kan ook klik op ’n Individuele Produk vir meer besonderhede oor die produk. Sodra jy op die ‘Besigtig onderwerpe’ knoppie van ’n produk klik, kan jy die dokument name sien met beskrywings van die inhoud wat in elke lêer voorkom.

Ja, gaan na die ‘Produkte’ bladsy en klik op 'n Graad of Individuele Produk. Jy sal gerig word aan 'n gedetailleerde produk bladsy. Onder die beskrywing vir elke leerprogram (produk), klik op die ‘Besigtig onderwerpe’ knoppie van ’n produk. Jy sal die dokument name kan sien met beskrywings van die inhoud wat in elke lêer voorkom. As jy voorskou wil sien van ’n spesifieke dokument moet jy klik op die voorskou-ikoon langs die dokument naam. Die eerste bladsy sal in ’n voorskou venster vertoon word.

Ons is besig om hieraan te werk. Dit sal binnekort beskikbaar wees.

Die vakke wat in skole gevolg word is ingesluit.

Vakke vir Graad 1 – 3 leerders is Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde en ander vakke.

Vakke vir Graad 4 – 7 leerders is: Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Lewensvaardighede, Wiskunde, Natuurwetenskappe en Tegnologie en Sosiale Wetenskappe.

Vakke vir Graad 8 – 9 leerders is: Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Lewensoriëntering, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Sosiale Wetenskappe.

Vakke vir Graad 10 leerders is: Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Siviele Tegnologie, Ingenieursgrafika en Ontwerp, Rekenaartoepassingtegnologie, Inligtingstegnologie, Rekeningkunde, Ekonomie, Besigheidstudies, Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Geografie, Geskiedenis, Toerisme en Religiestudies. Graad 10 leerders het ’n keuse van 7 vakke wat by die Prima Pakket en Standaard Pakket ingesluit is.

Klik op die graad van jou keuse by die ‘Produkte’ bladsy vir besonderhede oor die vakke.

Alle vakke word in Afrikaans aangebied, behalwe English First Additional Language, wat in Engels aangebied word. Ons het wel ’n ekwiwalente Engelse platform genaamd ASP School Projects, wat alle vakke in Engels aanbied, met die uitsondering van Afrikaans Eerste Addisionele Taal wat in Afrikaans aangebied word. Besoek die webtuiste vir ASP School Projects by www.aspschoolprojects.co.za vir meer besonderhede.

Ja, lêers is aflaaibare; uitdrukbare PDF-dokumente. Jy kan die lêers veilig op jou rekenaar se hardeskyf stoor. Sien asseblief of Bepalings en Voorwaardes indien jy onseker is oor die gebruiksvoorwaardes en kopieregbeskerming.

Daar is geen verskil nie. Slegs die ‘Werkboeke en Antwoorde’-reekse / ‘Eksamenvraestelle en antwoorde’-reekse is spesifiek geskep vir elke graad en bevat unieke in inhoud. Die ander leerprogramme (produkte) wat beskikbaar is in die pakkette vir elke graad, is dieselfde as die Individuele Produkte met dieselfde titel. Die kombinasie van produkte wat ingesluit word by pakkette, is egter spesifiek vir daardie graad aangepas. Individuele Produkte kan afsonderlik vanaf die individuele produk se bladsy aangekoop word, of deur dit vanaf ’n graad se Keuse Pakket aan te koop. Hou in gedagte dat dit meer ekonomies is om die Prima pakket te koop wat alle produkte bevat, eerder as om produkte afsonderlik te koop.

‘Afrikaanse Skoolensiklopedie’ is ontwikkel vir Afrikaanse leerders weens die gebrek aan relevante inligting in Afrikaans, aangesien die meeste inligting vrylik beskikbaar is in Engels op die internet en in boeke. Ons is besig om aan ’n soortgelyke produk te werk wat in die nabye toekoms beskikbaar sal wees in Engels.

‘Alles Afrikaans Huistaal’ is ’n volledige taalleer-studieprogram in Afrikaans vir leerders met Afrikaans as hul Huistaal. Dit is ontwerp om leerders te help om Afrikaans te leer en om huiswerk en eksamenvoorbereiding maklik te maak. Dit bevorder lees- en skryfvaardighede en bou Afrikaanse woordeskat. Sterk fokus word geplaas op Afrikaanse spelling-, grammatika- en leestekensreëls. Riglyne met voorbeelde oor hoe om dokumente, opstelle en toesprake te skryf vereenvoudig die skryfproses. ‘Alles Afrikaans Huistaal’ verduidelik die taal beginsels en reëls aan leerders en bespreek ook literatuur.

Die Afrikaans Huistaal vraestelle wat spesifiek vir elke graad ontwerp is, toets of leerders die werk verstaan en dit met behoorlike eksametegniek kan toepas.

Die twee leerprogramme vul mekaar aan.

‘Easy English First Additional Language’ is ’n volledige taalleer-studieprogram in Engels vir leerders met Engels as hul Eerste Addisionele Taal. Dit is ontwerp om leerders te help om Engels te leer en om huiswerk en eksamenvoorbereiding maklik te maak. Dit bevorder lees- en skryfvaardighede en bou Engelse woordeskat. Sterk fokus word geplaas op Engelse spelling-, grammatika- en leestekensreëls. Riglyne met voorbeelde oor hoe om dokumente, opstelle en toesprake te skryf vereenvoudig die skryfproses. ‘Easy English First Additional Language’ verduidelik die taal beginsels en reëls aan leerders en bespreek ook literatuur.

Die English First Additional Language vraestelle wat spesifiek vir elke graad ontwerp is, toets of leerders die werk verstaan en dit met behoorlike eksametegniek kan toepas.

Die twee leerprogramme vul mekaar aan.

Ja, ons het voorbeelde, sowel as nuttige riglyne oor hoe om toesprake te skryf in ons twee taalleer-studieprogramme, ‘Alles Afrikaans Huistaal’ en ‘Easy English First Additional Language’. Op hierdie tydstip verskaf ons egter nie redenaars- of klastoesprake op versoek van individue nie.

Tans bied ons nie opsommings van leermateriaal as ’n individuele produk op ons webtuiste aan nie. Ons het egter studiegidse vir sommige vakke as deel van ons ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’-reeks, wat dien as verduidelikende aanvullende materiaal.

SUBSKRIPSIE PLANNE

Die Prima Pakket is die mees omvattende subskripsie plan. Die Prima Pakket sluit vyf leerprogramme in. Die Standaard Pakket is die gewildste keuse vir toets- en eksamenvoorbereiding en sluit een leerprogram in. Die Keuse Pakket laat gebruikers toe om hul eie pakket saam te stel uit ons beskikbare produkte.

Vir ’n gedetailleerde vergelyking oor wat elke pakket insluit, klik op die graad van jou keuse.

Pakkette word saamgestel uit individuele produkte. Daar is geen verskil in die inhoud van ’n individuele produk en ooreenstemmende komponent in pakket nie.

Die inhoud van ‘Afrikaanse Skoolensiklopedie’, ‘Alles Afrikaans’, ‘Easy English’, ‘Prethoek’ en ‘Beroepsvoorligting’ is dieselfde vir individuele produkte en al drie pakkette. Die uitsondering is die ‘Werkboeke en Antwoorde’ reeks en ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’ reeks is nie beskikbaar as individuele produkte nie, aangesien dit die enigste produk in die Standaard Pakket is vir die onderskeie grade.

Registreer as ’n nuwe gebruiker met jou e-posadres en kies ’n wagwoord. Jy sal ’n e-pos met bevestiging ontvang sodra jy suksesvol ingeteken is. Voeg die subskripsie plan van jou keuse by jou mandjie en gaan voort met die maklike betaalproses. Voltooi jou rekening se profielbesonderhede voordat jy die betaling voltooi indien jy nog nie dit gedoen het nie. Jy sal toegang kry om jou produkte af te laai nadat die transaksie suksesvol voltooi is. Sien asseblief ons bladsy ‘Hoe Om Aan Te Sluit’ vir volledige riglyne.

Om prysbesonderhede vir die verskeie produkte te sien kan jy ons ‘Produkte’ bladsy besoek en die graad van jou keuse selekteer. Die betaling opsies (’n Eenmalige Betaling of Maandelikse Debietorder) sal beskikbaar wees. Voeg die subskripsie plan van jou keuse by jou mandjie. Jy kan ’n geldige afslagkode in die mandjie byvoeg voordat jy die transaksie voltooi.

Let wel dat die debietorder fasiliteit nie beskikbaar is vir ’n Keuse Pakket of Individuele Produk allenlik nie, net indien dit saam met ander pakkette gekombineer word.

Vir meer inligting oor hoe ons debietorderfasiliteit werk, sien asseblief ons betaalopsies.

’n Subskripsie is geldig vir die tydperk waarin ’n leerder in ’n spesifieke graad is daardie skooljaar en verstryk op 31 Desember.

Onderhewig aan die Bepalings en Voorwaardes, kan jy jou dienste kanselleer en die volle bedrag sal aan jou terugbetaal word indien nie meer as 5 (vyf) dokumente afgelaai is nie, onderhewig aan ons uitsluitlike diskresie.

As gevolg van die aard van aflaaibare produkte en aanlyndienste, is geen terugbetalings normaalweg beskikbaar indien meer as 5 (vyf) dokumente afgelaai is nie. Ons behou die reg voor om ons eie diskresie te gebruik om te besluit op ’n billike bedrag vir terugbetaling, indien enige, vir jou terugbetalingsversoek, afhangende van die rede vir kansellasie; aktiwiteit op jou rekening; en die tydperk van gebruik van ons subskripsie dienste. Niks hierin beïnvloed jou statutêre regte nie. Ons besluit sal finaal wees.

Kredietkaart- en EFO-transaksie betalings word terugbetaal binne drie werksdae nadat jou rekening ondersoek is en die rede vir kansellasie goedgekeur is. As jy die diens vir debietorderbetalings kanselleer voor die einde van jou huidige opbetaalde maand, word jy terugbetaal binne drie werksdae nadat jou rekening ondersoek is en die rede vir kansellasie goedgekeur is en geen verdere paaiemente sal gehef word nie.

Geen terugbetalings of krediete sal toegelaat word vir kansellasie sonder ’n geldige rede, vir gedeeltelike maande van Diens, vir maande ongebruik of indien jou rekening beëindig word weens enige verbreking van die Ooreenkomste nie.

Subskripsies word nie na die volgende graad oorgedra nie. ’n Subskripsie is geldig vir die tydperk waarin ’n leerder in ’n spesifieke graad is daardie skooljaar. ’n Subskripsie verstryk op 31 Desember.

Ja, ons het ’n spesiale prys vir twee en drie leerders. Voeg asseblief nog ’n graad van jou keuse by jou mandjie voordat jy die betaalproses voltooi. Die prys sal dienooreenkomstig aangepas word.

Jy kan aansluit vir beide die Afrikaanse en Engelse platforms, Afrikaanse Skoolprojekte en ASP School Projects onderskeidelik. Jy moet egter twee afsonderlike transaksies maak. Jy kwalifiseer nie om voordeel te trek uit die verminderde prys nie.

Subskripsie planne is beskikbaar vir een tot drie grade per huishouding. Die inhoud per graad is toeganklik vir een, twee of drie leerders en albei ouers. Slegs een gebruiker kan op ’n slag inteken.

As jy onseker is oor die aantal gebruikers per subskripsie, raadpleeg ons Bepalings en Voorwaardes.

Nee, ongelukkig nie op die stadium nie. Dit is slegs beskikbaar vir provate gebruik, maar ons werk aan iets spesiaal vir onderwysers om te gebruik in die toekoms.

Die Prima Pakket vir ASP School Projects het 4 leerprogramme. Die Prima Pakket vir Afrikaanse Skoolprojekte bevat ’n addisionele leerprogram – met ’n totaal van 5. Die addisionele produk beskikbaar vir Afrikaanse leerders is die ‘Afrikaanse Skoolensiklopedie’. Die ‘Afrikaanse Skoolensiklopedie’ is ontwikkel vir Afrikaanse leerders weens die gebrek aan relevante inligting in Afrikaans, aangesien die meeste inligting vrylik beskikbaar is in Engels op die internet en in boeke.

REKENINGE

Jy kan klik op ‘Herstel dit hier’ (onder ‘Ek het my wagwoord vergeet’) by die ‘Teken in’ afdeling om dit te herstel. Volg die instruksies op die skerm. Daar sal aan jou ’n bevestigings-e-pos gestuur word.

Teken in jou rekening in. Klik op ‘My Profiel’ en dateer dit op met jou huidige e-pos. Jy sal ’n bevestigings-e-pos ontvang.

Jou subskripsie verstryk op 31 Desember as jy tussen Januarie en November aangekoop het. Sou jy in November of Desember vir die volgende graad aangesluit het, sal dit in Januarie die volgende jaar beskikbaar wees een eers daardie Desember verstryk.

Indien jou subskripsie verstryk het, kan jy maklik jou subskripsie vir dieselfde rekening hernu. Voeg net die graad van jou keuse by jou mandjie en voltooi jou bestelling by die betaalpunt.

Voeg die afslagkode by jou mandjie. Klik ‘Voeg by’ om jou mandjie op te dateer en die verminderde prys te reflekteer. As die kode suksesvol ingevoer is, sal die mandjie opgedateer word en die verminderde prys wys.

Nee, ongelukkig nie op die stadium nie. Jy kan wel ’n addisionele Keuse Pakket aankoop met die leerprogram(me) wat jy verlang. Teken in op jou rekening, gaan na die ‘Produkte’ bladsy, voeg die produk(te) by jou mandjie en volg die stappe by die betaalpunt.

Onderhewig aan die Bepalings en Voorwaardes, kan jy jou Dienste kanselleer en volle terugbetaling van die betaalde bedrag ontvang as nie meer as 5 (vyf) dokumente afgelaai is nie, onderhewig aan ons uitsluitlike diskresie.

Vir die kansellasie van debietorder transaksies om in werking te tree, is die bedrag vir die saldo van die faktuurperiode waarin jy jou rekening kanselleer verskuldig.

Jy kan jou Dienste formeel kanselleer deur vir ons ’n e-pos te stuur of ’n boodskap aan ons te stuur via die Kontak Ons bladsy. Jy is uitsluitlik verantwoordelik vir die kansellasie. Sodra jou kansellasie goedgekeur is, sal jou rekening opgeskort word. Alle toegang tot die Diens, insluitend maar nie beperk tot dokumente en gebruikersdata, sal nie meer vir jou beskikbaar wees nie.

TEGNIES

Ja, toegang tot dokumente kan verkry word deur rekenaars, tablette en mobiele toestelle met ’n internet konneksie. Stoor die dokumente op jou toestel vir gemak van gebruik in die toekoms.

Ons digitale platform werk op verskeie bedryfstelsels, insluitend Microsoft Windows, Apple Mac OS X, Apple IOS, Android en Linux.

Ja, toegang tot die internet is nodig om dokumente af te laai. Dokumente kan op jou hardeskyf gestoor word en vanlyn af gebruik word om dit te besigtig en uit te druk.

Nadat jy suksesvol ’n subskripsie lisensie vir ’n pakket aangekoop het sal jy toegang kry om die dokumente af te laai by jou profiel. Jy kan hier die stappe vind hoe om dokumente af te laai.

Ja, maar daar is ’n beperking. ’n Enkele dokument kan 3 keer afgelaai word. As ’n dokument die maksimum toegelate aflaai-beurte bereik sal jy nie weer die dokument kan aflaai nie. Sou daar aanhoudend probeer word om verder die dokument af te laai sal jou rekening tydelik onderbreek en ondersoek word vir enige verdagte aktiwiteit.

Byna al die moderne toestelle wat toegang tot die internet het, sal toegang tot die dokumente bied. Adobe Acrobat Reader moet op jou rekenaar geïnstalleer word om die PDF-dokumente te besigtig en uit te druk. Dit word aanbeveel om die dokumente op tafelrekenaars- of skootrekenaars te stoor.

Ons beveel aan dat jy Google Chrome gebruik. Safari, Firefox, Microsoft Edge en Opera is ook aanvaarbaar. Maak seker dat jou webblaaier opgedateer is na die nuutste weergawe en ondersteun word deur jou bedryfstelsel. Let daarop dat Internet Explorer nie meer deur Microsoft ondersteun word nie en waarskynlik nie die beste gebruiker-ervaring sal bied nie.

REGSGELDIG

Eienaarskap en titel van die Produkte (en alle digitale kopieë van dokumente in pdf en ander formaat daarin) word deur die Afrikaanse Skoolprojekte gehou.

Afskrifte (“Copies”) word slegs aan jou verskaf om jou in staat te stel om jou regte hieronder uit te oefen. By die aankoop van ’n subskripsie plan vir enige Produk(te), word ’n beperkte, nie-eksklusiewe, nie-sublisensieerbare, nie-oordraagbare, herroepbare lisensie aan jou toegestaan ingevolge die IER (“IPR”) in die Sagteware en die Diens vir gebruik van die Sagteware en/of die Diens (en nie eienaarskap nie) van Produk(te) vir jou persoonlike nie-kommersiële doeleindes, onderworpe aan die Bepalings en Voorwaardes. Behalwe soos uitdruklik gemagtig in hierdie Ooreenkoms, mag jy nie enige Produk(te) of Dokumentasie (of deel of element daarvan) deel, huur, verhuur, verkoop, sub-lisensieer, versprei, oordra, kopieer, reproduseer, vertoon, verander of deel nie.

Ons materiaal kan nie in enige vorm of op enige manier gereproduseer, herverpak, versprei of herverkoop word en/of gestoor word vir latere gebruik vir enige sodanige doel, in geheel of gedeeltelik deur enige persoon sonder vooraf skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.

Alle inligting hierin is deur die wet beskerm, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie, en geen van die sodanige inligting mag gekopieer word nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree.

Kortliks beteken dit as jy ’n ander aanlyn-opvoedkundige of soortgelyke webtuiste, instelling of besigheid besit of by hul in diens geneem is, mag jy nie ons produkte onder die voorwendsel van persoonlike gebruik koop en dit as jou eie verkoop of herverpak en dit gratis of teen ’n wins versprei nie. Regsaksie sal geneem word.


Sien asseblief ons volledige Bepalings en Voorwaardes indien jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

Nee, jy kan nie teks en/of prente direk kopieer om as jou eie werk te gebruik of aan te bied nie. Alle inligting hierin is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie, en geen van sodanige inligting mag gekopieer of andersins weergegee word nie.

Jy mag die leermateriaal as aanvullende hulpbronne gebruik om te leer. Die inligting en data kan gebruik word vir die navorsing van opdragte en projekte. Erkenning moet altyd in die bronnelys gegee word.

As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie.

Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.