WAT OUERS KAN DOEN OM HUL KINDERS TYDENS EKSAMENS TE HELP

Maandag, 11 Junie 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Elke ouer wil hê hul kind goed moet doen in die skool. Hoe kan jy as ’n ouer hulle ondersteun?

blogImage

Om ’n ouer te wees, beteken dat jy wil hê dat jou kinders net geluk en vreugde sal ervaar. Daarom is dit moeilik om te sien as jou kind gedurende die eksamens stres en probleme ondervind. Ons wil jou aanmoedig om nooit op te hou om in jou kind te glo nie. Matteus L Jacobson het gesê: “Agter elke jong kind wat in homself glo, is ’n ouer wat eerste geglo het.”


Moedig jou kinders aan om hul beste te presteer:
1. Maak seker dat hulle 'n gesonde dieet het.
2. Kyk na hul slaapsiklusse.
3. Wortels of die lat.
4. Vertrou hulle.
5. Ken jou kind.


1. Maak seker dat hulle 'n gesonde dieet het.

Een van die sleutelfaktore om in eksamens te presteer, is om 'n gesonde dieet te hê. Deur genoeg voedingstowwe in te neem en tydens eksamens gehidrateer te bly, sal jou kinders se immuniteitstelsel versterk word sodat hulle nie siek word nie en hulle meer energie het om langer en doeltreffend te studeer.

Maak seker dat hulle die oggend voor die eksamen 'n gesonde ontbyt eet. Onthou dat te veel suiker vir ontbyt later in die oggend tot 'n daling in bloedsuiker sal lei. Maak seker dat jy gesonde versnaperinge in hul dieet insluit, maar onthou ook om hulle nou en dan te bederf met 'n lekkerny - 'n paar blokkies donker sjokolade doen wondere vir die brein en help hulle om weer die middag te studeer.


2. Kyk na hul slaapsiklusse.

Soos kinders ouer word, hoef hulle nie meer ’n slapenstyd hê nie, veral as hulle tot laat saans moet studeer. Maak egter seker dat jou kind genoeg rus kry die aand voor 'n groot eksamen. Moegheid is een van die redes waarom kinders nie goed presteer in die laaste paar eksamens wat oorbly nie. Dit is belangrik om daarop te let dat indien jou kind 'n besige week van eksamens het, byvoorbeeld as hulle Maandag, Woensdag en Vrydag skryf, hulle nie Sondagaand te laat gaan slaap om te studeer nie, want hulle moet steeds teen Vrydag nog kan skryf. Volgens LiveScience, benodig kinders tussen die ouderdomme van 6-13 van 9 tot 11 uur slaap elke nag, terwyl vir tieners, ouderdomme 14-17, word 8 tot 10 uur slaap 'n nag aanbeveel.

Onthou dat daar niks is om te wen deur te vereis dat jou kinders vroeg die aand voor 'n eksamen gaan slaap nie. Dit sal slegs tot konflik lei en jou kinders sal meer gestres wees omdat hulle sal voel jy waardeer nie hul studies nie. Help hulle eerder om 'n studierooster op te stel wat 'n goeie nagrus moontlik maak, en help hulle om gedurende die week daarby te hou. Wanneer hulle later moet studeer, prys hulle net vir hul harde werk en herinner hulle wat hulle nodig het om by hul skedule te hou.


3. Wortels of die lat.

'n Ou ekonomiese metafoor om te verduidelik hoe 'n gewenste uitkoms bereik kan word, is deur wortels en latte - onderskeidelik belonings en strawwe. Die metafoor is gegrond op die idee dat 'n muil óf harder werk wanneer hy 'n beloning (wortel) aangebied word of deur middel van 'n lat gestraf word. Daar word keer op keer bewys dat belonings groter resultate sal verseker.

Dieselfde beginsel geld vir jou kind se eksamen. Moenie hulle dreig met straf as hulle nie goed doen in 'n komende eksamen nie. Inspireer hulle eerder om hard te werk deur 'n beloning aan te bied, soos om na die eksamen 'n melkskommel te gaan dink. Dit hoef nie altyd 'n letterlike geskenk of iets van geldwaarde te wees nie. Vertel byvoorbeeld vir jou kinders dat wanneer hulle 'n goeie opvoeding ontvang, hulle die vermoë het om lewens te verander, hulle kan 'n besigheid begin, hulle kan 'n pragtige huis eendag besit en hulle kan 'n loopbaan hê om hul drome waar te maak. Inspireer jou kinders om te studeer omdat hulle 'n wonderlike geleentheid het om hul grootste potensiaal te bereik.


4. Vertrou hulle.

Maak altyd seker dat jou kinders se geestelike toestand versorg word. Maak seker dat hulle weet jy is daar vir hulle en dat jy sal help waar moontlik. Vra vrae soos "Wat is die interessantste ding wat jy vandag geleer het?" Of "Hoe dink jy sal die onderwyser 'n sekere hoofstuk toets?". Help hulle om oor eksamensituasies te dink en hulle te help fokus op wat belangrik is deur vrae te vra.

Jy hoef nie 24 uur per dag by jou kind te sit om seker te maak hulle studeer nie. Soms doen dit meer skade as goed om hulle te druk of te smoor. Al wat hulle nodig het, is iemand wat hulle aanspreeklik sal hou, iemand wat trots sal wees op hulle wanneer hulle studeer en hard werk.


5. Ken jou kind.

Een van die belangrikste verantwoordelikhede om 'n ouer te wees, is om seker te maak dat jou kinders fisies en geestelik versorg word. Jou kinders se geestesgesondheid vereis dat jy hulle regtig ken. Vra jouself af, weet jy regtig wat jou kinders se drome is? As jy weet wat jou kinders se drome en begeertes is, is dit baie makliker om hulle te help. Ken jou kinders se sterk punte en swakhede, weet in watter vakke hulle selfversekerd voel en waarin hulle sukkel. Hou 'n afskrif van hul eksamenrooster en maak seker dat jy hulle 'n ekstra groot drukkie gee op dae wat jy weet hulle sal gestres word.

Ons wil 'n brief met jou deel wat 'n skoolhoof in Singapoer aan die ouers van al die leerlinge uitgestuur het:

“Liewe ouers,

Die eksamens van jou kinders gaan binnekort begin. Ek weet jy is baie bekommerd dat jou kinders goed moet doen.

Onthou egter, onder die studente wat eksamen skryf, is daar 'n kunstenaar wat nie Wiskunde nodig het nie. Daar is 'n entrepreneur wat nie oor Engelse letterkunde of Geskiedenis omgee nie. Daar is 'n musikant, wie se chemie punte nie saak maak nie. Daar is 'n sportster, wie se fisieke fiksheid belangriker as Fisika is.

As jou kind top punte kry, is dit wonderlik! Maar as hy of sy dit nie behaal nie, moenie hulle selfvertroue en hul waardigheid wegneem nie. Sê vir hulle "dit is net 'n eksamen" en dat hulle uitgeknip word vir baie groter dinge in die lewe! Sê vir hulle, ongeag watter punte hulle behaal, jy is lief vir hulle en jy sal hulle nie oordeel nie. Doen dit asseblief, en as jy dit doen, kyk hoe jou kinders die wêreld oorwin. Een eksamen of 'n lae punt sal nie hul drome of talente wegneem nie.

En asseblief, moenie dink dat dokters en ingenieurs die enigste gelukkige mense in die wêreld is nie.

Vriendelike groete,
U skoolhoof.”


Ons wil elke ouer alle sterkte met hul kinders se eksamens toewens. Kyk mooi na hulle, moedig hulle aan, ondersteun hulle en hê hulle onvoorwaardelik lief. Laat ons weet hoe jy jou kinders help om die eksamens te hanteer en hoe jy hulle spesiaal laat voel wanneer hulle jou die meeste nodig het.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

VIND ’N LEERSTYL WAT DIE BESTE BY JOU PAS

Het jy geweet daar is 4 primêre leerstyle: Visuele leerstyl, Ouditiewe leerstyl, Lees/Skryf leerstyl...

Lees

DIE BESTE MANIER OM TE VERSEKER DAT JY VOORBEREID IS VIR JOU EKSAMEN, IS DEUR SELFASSESSERING

Het jy al ooit hard gestudeer vir 'n toets, maar dan op die dag van die toets is jou geheue skoon we...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.