20 MANIERE OM JOU KINDERS OP SKOOL TE INSPIREER

Donderdag, 11 Februarie 2021

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Skole begin binnekort! Moenie paniekerig raak nie!

blogImage

Die skole begin binnekort! Dit bied opwindende nuwe uitdagings. Jou kinders het die geleentheid om weer hul maats by die skool te sien, om nuwe vriende te maak... en natuurlik om iets nuut te leer!

Die terugkeer skool toe beteken egter harde werk en lang ure. Moenie angstig voel oor die uitdagings wat voorlê nie!


Hier is 20 kreatiewe maniere hoe jy jou kinders kan inspireer om hul beste in die skool te gee:
1. 20 Maniere om jou kinders op skool te inspireer.
2. Sluit aan by ons.


1. 20 maniere om jou kinders op skool te inspireer.

  1. Wens hulle 'n wonderlike dag toe vroeg in die oggend wanneer jy hulle wakker maak.
  2. Sê dat jy trots op hulle is wanneer jy hulle by die skool of bus aflaai.
  3. Plaas ’n kort briefie in hul skooltas om te sê dat jy hulle lief het.
  4. Los ’n bemoedigende nota op ’n stukkie papier in hul kosblik wat hul kan lees gedurende pouse. Onthou om ’n kosblik te pak met gesonde happies wat vir hulle energie sal gee en nie net lekkernye nie.
  5. Los ’n plakpapiertjie op hul lessenaar wat hul sal motiveer om huiswerk te doen.
  6. Stuur ’n inspirerende prentjie aan hulle as hulle ’n selfoon het (wat hulle definitief nie gedurende die klas moet gebruik nie!).
  7. Vra wat hulle wil hê vir aandete. Maak een van hul gunsteling geregte indien hulle hard gewerk het.
  8. As jy hulle saans sien, vra uit oor hul dag en noem dat jy na hulle verlang het.
  9. Vra of hul enige hulp benodig met skoolwerk of huiswerk.
  10. Maak seker dat hulle jou kan nader indien hulle advies benodig oor enige iets wat nie met die skool verband hou nie.
  11. Vertel vir hulle stories oor jou skooldae en hoe jy as kind struikelblokke oorkom het.
  12. Deel jou entoesiasme om nuwe dinge te leer.
  13. Koop/Neem boeke uit die biblioteek uit oor onderwerpe wat hulle interessant vind.
  14. Kyk saam met hulle opvoedkundige dokumentêre programme oor onderwerpe waaroor hulle op skool leer.
  15. Leer ken ander ouers wat vir hul kinders inspirerend is. Om deel te wees van 'n groep ouers wat omgee kan ’n groot verskil maak om u kind te help as jy dit nodig het.
  16. Moedig jou kind aan om vriende te wees met klasmaats wat ook hardwerkend is en hul opvoeding ernstig opneem. Hoe meer hulle mekaar ondersteun en ’n positiewe omgewing skep hoe beter vir almal.
  17. Ontmoet jou kinders se onderwysers.
  18. Toon belangstelling in en neem deel aan enige geleenthede wat die skool reël.
  19. Beloon hulle elke nou en dan met iets spesiaals as jy sien dat hulle hard gewerk het en dit verdien het. Dit hoef nie altyd uitspattige geskenke te wees nie. Dit kan so eenvoudig wees as om jou tyd te gee om met hulle te gesels of hulle vir ’n roomys neem.
  20. Moedig hulle aan om nuwe dinge uit te probeer en nooit bang te wees om hul drome te volg nie... Al sien hul klasmaats dit nie altyd so nie. Groot risiko’s kan tot groot belonings lei. As hulle val met die eerste probeerslag sal jy daar wees om hulle weer op te help.



2. Sluit aan by ons.

Met behulp van ons hulpbronne kan jou kinders hul studie-skedule en tempo bepaal volgens hul eie persoonlikheid, behoeftes en vordering. Deur hul eie tempo te bepaal, kan hul brein meer inligting stoor en blywende herinneringe maak. Hierdie metode sal meer effektief wees en beter resultate lewer. Om so te leer is ook baie lekkerder!

Registreer op ons webtuiste om jou profiel met inteken-besonderhede te skep. ’n Rekening word benodig om jou subskripsie met aflaaibare produkte te aktiveer.

Besoek asseblief hierdie bladsy vir volledige stappe Hoe Om Aan Te Sluit.



Die beste manier om sukses in die klaskamer te verseker, is om vanaf dag een te begin werk. Gee jou kind die beste geleentheid om hul potensiaal te bereik.

Sluit nou aan

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.