HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Maandag, 08 Januarie 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Die eerste skooldag kan uitdagend wees, maar jy kan dit met gemak aanpak...

blogImage

Ons het almal ’n visie wat die perfekte eerste skooldag moet wees. Tydens die vakansie voel ons nie gespanne nie, maar ’n paar dae voordat skool begin skop dit in en ons dink aan die ergste moontlikheid wat kan gebeur. Wie sal jou registeronderwyser wees? Sal jou vriende in jou klas wees en indien nie, langs wie gaan jy sit? Sal jy jou klaskamers kan vind? Sal jy inpas of sal jy op gepik word? Hoe voorkom ons so ’n klein paniekaanval?

Aanvaar dat nie alles volgens plan sal verloop nie. Die eerste dag van die skool kan ’n bietjie onvoorspelbaar wees. Dit is normaal om ’n bietjie senuweeagtig te voel oor al die veranderlikes en onsekerhede. Daar is egter baie dinge wat jy op jou eerste skooldag kan beheer. En die dinge wat jy kan beheer moet onder beheer wees.


In hierdie artikel gee ons die beste raad oor hoe om voor te berei vir jou eerste skooldag:
1. Moenie tot die laaste minuut uitstel om jou skoolbenodigdhede te kry nie.

2. Jy moet verseker weet hoe laat jy moet opstaan.
3. Wat klaar is, is klaar.
4. Weet wat jy gaan eet by die skool vir middagete.
5. Onthou dat mense eerste indrukke onthou.


1. Moenie tot die laaste minuut uitstel om jou skoolbenodigdhede te kry nie.

Om jou skoolbenodigdhede te kry, is 'n vervelige taak. Daarom stel ons voor dat jy vroegtydig jou skryfbehoeftes en handboeke kry, sodat jy nie in lang toue by 'n skryfbehoefte winkel hoef te wag nie, of oor baie ander dinge wat gedoen moet word te stres en vergeet om helfte van jou lysie by jou inkopiemandjie te voeg nie. Goeie raad is om jou skryfbehoeftes met jou naam en van te merk. Jy mag dalk nie dink dit is nou baie “cool” nie, maar jy sal wens dat jy dit gedoen het as jy jou sakrekenaar net voor ’n groot toets verloor het en nie 'n manier het om dit van iemand anders terug te kry nie. Word opgewonde vir die eerste dag van skool deur jou boeke en lêers te versier. Jy kan ook vroegtydig belangrike datums in jou huiswerkdagboek invul.



2. Jy moet verseker weet hoe laat jy moet opstaan.

Om op jou eerste dag laat vir skool te wees, sal jou net meer gestres maak. Daarom moet jy vroeg genoeg wakker word om jouself genoeg tyd te gee om reg te maak vir die skool. Maak seker dat jy jouself minstens een uur en 10 minute gee om op te staan, ’n lekker ontbyt te eet, aan te trek en om ’n gesonde middagete in te pak voordat jy skool toe gaan. Voeg ook die beraamde reistyd wat jy nodig het om skool toe te gaan by. Maak seker dat jy ten minste 3 dae voor skool begin in ’n roetine kom om die tyd wat jy vir ’n normale skooldag sal opstaan te oefen.



3. Wat klaar is, is klaar.

Die aand voor skool begin kan jy al jou skooltas pak en jou skooldrag neerlê. Dit sal jou help om vining reg te maak en in ’n kits aan te trek, want jou brein hoef nie te dink waar jou das of sokkies is nie.



4. Weet wat jy gaan eet by die skool vir middagete.

Moenie vergeet om vir middagete ’n kosblik in te pak nie. Dit is noodsaaklik vir besige kinders en tieners wat steeds groei om gesond en gereeld te eet. Gesonde eetgewoontes beteken nie om vir ure ’n maaltyd voor te berei of onaantreklike prei en seldery te eet nie. Met 'n bietjie navorsing, beplanning en voorbereiding kan jy elke dag van die week 'n maklike, gesonde en lekker kosblik inpak. Maak seker dat jy al die bestanddele beskikbaar het. Pak ook ’n gesonde peuselhappie in en onthou om ’n bottel water saam te neem sodat jy gehidreer bly. As jy middagete by die skool koop, maak seker dat jy die regte hoeveelheid geld by jou het.



5. Onthou dat mense eerste indrukke onthou.

Die belangrikste ding om die dag voor skool voor te berei, is jou verstand. As jy die eerste periode met ’n positiewe houding in die klas inloop, sal jy voorbereid wees vir enigiets. Onthou om te lag as dinge nie volgens plan gaan nie - almal is net so senuweeagtig soos jy. Stel jouself aan nuwe vriende voor, onthou nuwe gesigte en nuwe name - hulle sal beslis joune onthou.



Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het, “Vervang die vrees van die onbekende met nuuskierigheid” en jy sal heeltemal reg wees. Hoe berei jy gewoonlik voor vir die eerste skooldag? Het jy enige interessante ervarings op die eerste skooldag gehad?

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.