3 MANIERE OM JOU BREIN TE HERLAAI TYDENS HIERDIE KORT RUSKANS

Maandag, 01 Oktober 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Rus is belangrik vir hardwerkende leerlinge, maar jy moet nie te gemaklik raak as ’n stoelpatat nie.

blogImage

Sodra die laaste klok vir die einde van die derde kwartaal lui, kan ons uiteindelik voel hoe die gewig van skoolwerk en verantwoordelikhede vanaf ons skouers lig. Wanneer ons by die huis kom en voel hoe die vakansie realiseer, kan ons maklik in die gewoonte kom om ’n stoelpatat te wees. Alhoewel vakansies spesifiek daar is vir ons om te rus, om vir die hele vakansie lank televisie te kyk of op ons selfone te speel, sal nie verseker dat ons uitgerus en gereed is vir die laaste skoolkwartaal van die jaar nie.

In hierdie week se blog wil ons drie maniere met jou deel om jou brein te herlaai sonder om lui te word. Soos wat Nhat Hanh eenkeer gesê het: “Ons sal meer suksesvol wees in al ons pogings as ons die gewoonte kan afleer om die hele tyd te hardloop, om klein pouses te neem om te ontspan en weer onsself te vestig. Ons sal ook baie meer blydskap hê in die lewe.”


Belangrike aspekte rondom rus en ontspanning tydens die skoolvakansie:
1. Sorg vir jou liggaam.
2. Oefen jou brein op ’n ander manier.
3. Spandeer tyd saam met jou geliefdes.


1. Sorg vir jou liggaam.

Om na jou brein om te sien, moet jy ook sorg vir jou liggaam. Tydens hierdie kort vakansie, neem die tyd om jou liggaam te vernuwe. As jy jou liggaam versorg, sal jou verstand ook hernu voel. Dit beteken nie dat jy ’n strawwe oefen-roetine moet handhaaf of tydens hierdie kort vakansie jou lyf gespierd te kry nie.

Ons beveel die volgende aktiwiteite aan wat jy kan doen om jou liggaam te herlaai:

  • Probeer joga of pilates. Hierdie tipe oefeninge help jou om jou spiere te strek en bloedvloei na jou brein te verhoog. Joga is bekend daarvoor dat dit ’n baie kalmerende effek op jou liggaam, verstand en gees het, selfs al word dit net vir 30 minute uitgevoer.
  • Gaan op ’n staptog. Stap is een van die beste oefeninge, aangesien om in die buitelug te stap sal jou help om geestelik te herstel. Die verhoogde suurstof is goed vir al jou organe, insluitende jou hart, longe en brein. Jy sal ook Vitamien D deur sonlig blootstelling kry en die natuur onder jou voete voel.
  • Voed jou liggaam behoorlik. Gedurende die vakansie is ons life daarvoor om onsself met kafkos te bederf. Niemand kan ontken dat ’n pizza of sjokolade melkskommel regtig lekker is nie! Jou brein kry onmiddellike bevrediging van die suiker. As jy egter voortdurend eet ongesond sal jy in die langtermyn baie erger voel. In plaas daarvan kan jy probeer om heerlike vrugteskommels en ander gesonde versnaperings te maak.
  • Pamperlang jouself. Dit kan iets uitspattig wees soos om vir ’n massering te gaan, of net ’n lang borrelbad te neem. Jy kan ook luister na ontspannende instrumentale musiek voordat jy snags gaan slaap. Om jouself te pamperlang is anders vir almal, maar wat ook al jou liggaam ontspanne en verfrissend laat voel moet jy gedurende die vakansie doen.


2. Oefen jou brein op ’n ander manier.

Om vir toetse of eksamens te leer, kan nogal ’n verstandelike oefensessie wees. Ons stel voor dat jy hierdie kort vakansie afstand doen van al jou akademiese boeke. Om egter verstandelik fiks te bly, probeer om jou brein te oefen met aktiwiteite wat jy normaalweg nie doen nie.


Ons stel die volgende aktiwiteite voor om jou brein skerp te hou:

  • Speel ’n musiekinstrument. Miskien het jy geleer om ’n instrument te bespeel toe jy jonger was, maar het gedurende die jaar nie tyd gekry om hierdie instrument te beoefen nie. Neem die tyd om weer musiek te geniet. Om meer te leer oor die effek wat musiek op die brein het, lees ons blog, ‘4 Voordele van musiek op die brein.
  • Skep kuns. Jy hoef nie noodwendig ’n talent te hê om ’n kunswerk te maak om die proses van om iets te skep te geniet nie. Of dit nou net is om met potlode te teken of om verf oor ’n doek te spat, het die skepping van kuns groot voordele op jou brein en kan jou help met selfuitdrukking. Om meer te leer oor die voordele van kuns op die brein, lees ons blog, ‘4 Positiewe uitwerkings van visuele kuns op die brein.’
  • Lees ’n interessante boek. Die beste manier om jou gedagtes van die skool af te kry sonder om lui te wees, is om ’n wonderlike geskrewe boek te lees. ’n Goeie boek sal jou na ’n ander wêreld vervoer en jou help om jou verstand te vernuwe.


3. Spandeer tyd saam met jou geliefdes.

Ons het almal ’n ondersteuningstelsel, soos jou ouers, broers en susters, vriende en ander familielede. Gedurende die akademiese kwartaal, en veral wanneer ons toetse skryf, help ons ondersteuningstelsel ons op verskillende maniere. Eenvoudige aanmoediging, deur in te loer om te sien of ons goed doen, om vir ons peuselhappies te bring wanneer ons leer of selfs net ’n drukkie, is die liefdevolle dade wat ons ondersteuningstelsel tydens skool verrig. Nou dat jy vakansiedae het, is dit tyd dat jy dieselfde vir hul doen. Spandeer tyd saam met jou geliefdes en herinner hulle daaraan dat jy baie vir hul omgee.


Ons stel die volgende aktiwiteite voor om kwaliteit tyd met jou geliefdes deur te bring:

  • Maak aandete saam. Om jou ma of pa te help om kos te maak, sal vir hulle wys dat jy hulle waardeer. Dit is ’n goeie tyd om oor die dag te praat of oor die dinge waarvan jy hou of nie hou nie. Gebruik hierdie tyd om jou ouers beter te leer ken.
  • Oefen saam. Wanneer jy oefen, benodig jy gewoonlik ’n bietjie aanmoediging. Ondersteun jou geliefdes as hulle oefen en gee hulle die aanmoediging wat hulle nodig het. Jy sal ’n sterker verhouding met hul vorm soos wat julle hierdie aktiewe tyd saam geniet.
  • Hou 'n speletjies-aand. ’n Lekker manier om tyd saam met jou gesin en vriende te spandeer, is om ’n speletjies-aand te hê waar jy saam met hulle bordspeletjies of kaartspeletjies kan speel.


Ons wil alle skoliere aanmoedig om ’n ontspanne kort vakansie te hê en uitgerus terug te keer na die skool. Laat ons weet watter aktiwiteite jy hierdie vakansie gaan doen. Ons sal graag van jou af wil hoor.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.