7 STELLE ADVIES OM JOU GEDAGTES VOOR TE BEREI OM EKSAMENS TE SKRYF

Maandag, 29 Oktober 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Kry jouself in die regte ingesteldheid om uitstekende resultate hierdie eksamen te behaal.

blogImage

Dikwels wanneer ons vir eksamens begin leer kan baie emosies deur ons gedagtes hardloop. Ons is geneig om angstig en bekommerd te voel, of selfs begin om leerwerk uit te stel om angstigheid en stres te verhoed. Hoe kan ons die eksamens in die oë staar sonder om te huiwer? Die sleutel lê in die voorbereiding van ons gedagtes vir sukses. Wanneer jy eksamen skryf is 50% kennis en 50% ingesteldheid. As jy by die eksamenlokaal inloop met die gedagte dat jy alreeds gedruip het, gaan jy waarskynlik nie jou beste gee nie en dit lei tot mislukking. As jou gedagtes gerig is op sukses en jy werklik glo dat jy die punte kan kry wat jy wil, dan sal jy jou beste poging gee en dit lei tot goeie punte. Dr Roopleen het eenkeer gesê: “Om op te gee is nooit ’n opsie op die pad na sukses nie. Vind die pad vorentoe. As jy ’n positiewe ingesteldheid het en bereid is om te volhard, is daar min wat buite jou bereik is. Die gesindheid om gereed te wees om te werk, selfs in die aangesig van uitdagings en ten spyte dat die kanse teen jou tel, is wat die groot verskil in jou lewe sal maak.”


Berei jouself verstandelik voor om eksamens te skryf met hierdie 7 wenke:
1. Leer om reg te asemhaal.
2. Moenie dink dat stres sleg is nie.
3. Praat met jouself soos jy met jou beste vriend sou praat.
4. Moenie jouself vergelyk met jou vriende nie.
5. Maak gebruik van oefen-eksamenvraestelle.
6. Moenie met negatiewe klasmaats gepla wees nie.
7. Visualiseer wat jy wil hê.


1. Leer om reg te asemhaal.

"Haal net ’n diep asem en tel tot 10.” Ons het almal al raad soos dit gehoor. Wetenskaplikes het egter bewys dat die beheer van jou asemhaling patrone, soos om ’n lang inasem vir 5 sekondes en uitasem vir 5 sekondes te neem, aansienlik jou stres kan verlaag en tekens van angs verminder. Patricia Gerbarg, ’n assistent-kliniese professor in psigiatrie en navorser oor die belangrikheid van asemhaling, het die volgende gesê: “Deur patrone van asemhaling te verander, kan ons ons emosionele toestande verander asook hoe ons dink en hoe ons met die wêreld reageer. Dit is ’n baie kragtige instrument vir sielkundige toepassings.”

As jy dus oorweldig voel terwyl jy leer, staan op vanaf jou lessenaar en sit op ’n gemaklike plek. Haal dan diep en gemaklik asem vir 5 minute. Voel hoe jou longe uitstoot, voel hoe jou hart bedaar en voel hoe die suurstof na jou brein gaan.


2. Moenie dink dat stres sleg is nie.

Ons is dikwels so bekommerd oor stres, dat ons begin stres oor die hoeveelheid spanning wat ons het. Stres is egter nie sleg nie. As mense is ons vir oorlewing geprogrammeer. Om te kan oorleef, het ons ’n stres-reaksie wat veroorsaak word wanneer ons bang of bekommerd is oor iets. Spanning bestaan omdat dit die mens se bewustheid en dringendheid verhoog om op te tree.

Stres het sy newe-effekte, maar as jy stres sien as ’n manier waarop jou liggaam voorberei vir ’n uitdaging, sal jy baie beter presteer. Stres verhoog jou hartklop, wat beteken dat jy meer bloedvloei na jou brein ontvang. Stres help jou om te fokus op die uitdaging wat voorlê. Stres maak jou ook bewustelik. Hierdie eienskappe kan tot jou voordeel gebruik word as jy stres sien as jou helpende hand om beter te presteer in eksamens. Lees ons blogs, ‘Hoe om eksamenstres te hanteer’ en ‘7 Tegnieke wat jong kinders sal help om stres te hanteer’ om stres beter te verstaan en hoe om dit te hanteer.


3. Praat met jouself soos jy met jou beste vriend sou praat.

Wat doen jy as jy sien dat jou beste vriend gestres is of bekommerd voel? Jy verkleineer nie hulle of sê dat hulle gaan druip omdat hulle nie hard genoeg gewerk het nie. Jy moedig jou vriend aan en laat hulle waardig voel vir prestasie en sukses. Jy moet dit met jouself doen wanneer jy kwaad of gefrustreerd voel met jouself tydens eksamentyd. Moedig jouself aan. Sê vir jouself dat jy goeie werk gelewer het. Wees jou eie aanmoediger in tye wanneer dit moeilik is.


4. Moenie jouself vergelyk met jou vriende nie.

As jy jou eie prestasies vergelyk met dié van jou vriende, kan jy dalk voel dat hulle soveel beter is as jy. Moenie in die lokval beland waar jy dink jy is nie goed genoeg nie. Dit plaas slegs ekstra druk en onnodige stres op jou. Kyk eerder na jou vriende se prestasies as inspirasie, wens hulle sterkte toe en gaan voort om op jou eie doelwitte te fokus.


5. Maak gebruik van oefen-eksamenvraestelle.

Die gebruik van oefen-eksamenvraestelle is een van die beste metodes om jou ingesteldheid vir eksamens gereed te kry. Dit is omdat jou verstand vertroud sal wees met eksamen-omstandighede en hoe om vrae te beantwoord, wat angs sal verminder.

Afrikaanse Skoolprojekte spesialiseer in die verskaffing van eksamenvraestelle. Ons Eksamenvraestelle en Antwoorde help leerders om die tegnieke van toetse en eksamens te bemeester. Ons voorbeeldvraestelle word op dieselfde wyse, formaat en moeilikheidsgraad deur die NKV aangebied en is gebaseer op CAPS. Die vrae stimuleer linker en regterbreinaktiwiteit. Die volgende tipe vrae word in ons vraestelle ingesluit: Definisie van terme; Waar of Vals (Verskaf die korrekte antwoord as dit vals is); Pas kolom B by kolom A; Diagramme en Sketse; Vul die ontbrekende woorde in; Meervoudige keuse; Kort vrae; Lang vrae; Blokkiesraaisels. Alle vakke per graad word ingesluit en vakke word in kwartale verdeel.

Om meer te leer oor die belangrikheid van oefen-eksamenvraestelle, lees ons blog, ‘Die beste manier om te verseker dat jy voorbereid is vir jou eksamen, is deur selfassessering.’


6. Moenie met negatiewe klasmaats gepla wees nie.

Negatiwiteit is aansteeklik. Hoe meer tyd jy spandeer rondom negatiewe mense, hoe meer sal hulle negatiwiteit jou beïnvloed en dan sal jy ook negatief word. Ons stel voor dat jy negatiwiteit rondom eksamentyd vermy, veral voor ’n toets. Byvoorbeeld, wanneer ’n klasmaat die oggend van jou eksamen na jou toe kom en kan iets sê soos, “Ek het nie regtig vir hierdie toets geleer nie” of “Ek weet ek gaan die eksamen druip”. Moenie aan hierdie soort negatiewe gesprekke deelneem nie. As jy dit doen, sal jy met ’n negatiewe houding na die eksamenlokaal gaan. Praat eerder oor iets positiefs, soos die komende vakansies, jou hond of selfs dat jy die middag na ’n roomys uitsien. As dit te moeilik is om die onderwerp na iets positiefs te verander, verskoon jouself en stap weg of gaan na die badkamer. Jy kan selfs ’n stil plek opspoor waar jy diep kan asemhaal om die spanning te verlig. Moenie toelaat dat die negatiwiteit jou voor die toets depressief laat voel nie. Wees vol vertroue. Vir meer wenke oor hoe jy voor jou toets vol vertroue kan bly, lees ons blog, ‘5 Wenke om jou selfvertroue binne en buite die klaskamer op te bou.’


7. Visualiseer wat jy wil hê.

Alhoewel om jou doelwitte te bereik baie harde werk vereis, kan dit help om te visualiseer hoe jy jou doelwitte bereik en so dus jou nader aan jou doel bring. Kimberly Hershenson, ’n terapeut in New York, het in ’n onderhoud met Bustle gesê: “Visualisering help ons brein om seine na ons liggame te stuur om op te tree in ’n manier wat ooreenstem met die beelde in ons gedagtes. Dit help ons om ’n duidelike beeld te kry van wat ons graag wil bereik, asook ’n visie dat dit werklik moontlik is.” Daarom, as jy visualiseer hoe goed jy in jou eksamens doen, sal jou brein probeer om volgens daardie beeld optree.


Ons wens elke leerder sterkte toe met die voorbereiding vir hul eksamens. Moenie opgee wanneer dinge moeilik raak nie. Moenie ophou om in jou akademiese drome te glo nie en moenie jouself beperk deur te twyfel nie. Soos Bruce Lee eenkeer gesê het, “As jy altyd ’n beperking plaas op alles wat jy doen, fisies of enigiets anders, sal dit na jou werk en jou lewe versprei. Daar is geen perke nie. Daar is net plato’s en jy moet nie daar bly nie. Jy moet verder as dit gaan.”

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

VIND ’N LEERSTYL WAT DIE BESTE BY JOU PAS

Het jy geweet daar is 4 primêre leerstyle: Visuele leerstyl, Ouditiewe leerstyl, Lees/Skryf leerstyl...

Lees

DIE BESTE MANIER OM TE VERSEKER DAT JY VOORBEREID IS VIR JOU EKSAMEN, IS DEUR SELFASSESSERING

Het jy al ooit hard gestudeer vir 'n toets, maar dan op die dag van die toets is jou geheue skoon we...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.