BLY GEMOTIVEERD EN OP DIE REGTE SPOOR MET JOU SKOOLWERK

Maandag, 29 Januarie 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Moenie oorweldig voel deur moeilike leermateriaal nie.

blogImage

Ons is almal al hier gewees – jy worstel met ’n sekere onderwerp; jy sien hierdie groot berg van werk voor jou; jy voel lus om op te gee. Hoe kan jy hierdie oorweldigende gedagtes hanteer? Hoe bly jy gemotiveerd en waar begin jy?


Wenke om gemotiveerd te bly om jou skoolwerk te doen:
1. Begin klein, maar begin dadelik.
2. Sien die groter prentjie raak.
3. Moenie bang wees om foute te maak nie.
4. Omring jouself met eendersdenkende mense.
5. Vra vir hulp.
6. Dit sal ook verbygaan.


1. Begin klein, maar begin dadelik.

’n Reis van 'n duisend myl begin met ’n enkele tree. Soms sien ons net ’n hoë hoop werk om te doen. Ons weet nie hoe ons ooit alles gedoen gaan kry nie. Die geheim is eenvoudig om te begin. Selfs as jy net een som doen of een bladsy lees of een woord skryf, is jy steeds nader aan die bereiking van jou doel as wat jy voorheen was.


2. Sien die groter prentjie raak.

Baie leerders sukkel om die groter prentjie te sien wanneer hulle by ’n klein struikelblok kom. Byvoorbeeld, daar is dalk een wiskundige vergelyking waarmee hulle sukkel en omdat hulle nie hierdie enkele probleem kan oplos nie, gee hulle vir ewig wiskunde op. As jy wiskunde opgee, beperk jy jou opsies later. Jy benodig wiskunde om verskeie dissiplines by die universiteit te studeer. Nie net dit nie, maar sekere dele van jou brein word gestimuleer wanneer jy ’n wiskundeprobleem probeer oplos. Wiskunde is ook baie belangrik vir baie ander dissiplines, soos wetenskap, ekonomie, rekeningkunde ens. Daardie studierigtings hou weer verband met ander. Die ontwikkeling en stimulering van alle dele van jou brein is noodsaaklik om jou volle potensiaal te bereik. Die afwesigheid van een van hulle is soos ’n ontbrekende stuk van ’n legkaart. Dit is jou taak om uit te vind waar en hoe elke stukkie van die akademiese legkaart in mekaar pas. Moenie net fokus op ’n klein probleem nie, weet dat jy werk vir iets groter en dat jy groter is as enige struikelblok in jou pad.


3. Moenie bang wees om foute te maak nie.

Moenie bekommerd wees om foute te maak nie. Vanuit ’n akademiese oogpunt is die enigste manier om vordering te maak, om uit jou foute te leer en dit nie te herhaal nie. Trouens, hoe meer foute jy maak terwyl jy huiswerk doen en vorige of voorbeeld toets- en eksamenvraestelle uitwerk, hoe minder foute sal jy in die werklike eksamen maak. Jy sal leer wat jy verkeerd gedoen het en hoekom dit verkeerd is. Jy sal die beginsels en begrippe verstaan, nie net die regte antwoord leer en dit direk na die toets vergeet nie.


4. Omring jouself met eendersdenkende mense.

Daar is baie studente wat net soos jy baie hard werk, hulle probeer ook om goeie punte te kry en voel ook gestres. Vind daardie mense! Hulle sal jou aanmoedig en inspireer om voort te gaan.


5. Vra vir hulp.

Jou onderwyser sal altyd probeer om te help - dis hoekom hulle daar is. Verduidelik aan jou onderwyser presies waarmee jy sukkel en waarom jy sekere areas van die werk nie verstaan nie. As jy weet dat een van jou eweknieë regtig goed doen in ’n sekere vak, moenie huiwerig wees om vir hulp te vra nie. Mense hou daarvan om hul kennis te deel. Jy kan ook dalk ’n nuwe vriend en studievennoot maak.


6. Dit sal ook verbygaan.

Om te leer vir toetse en werk kan ’n onaangename ervaring wees. Die toets sal egter kom, ongeag of jy gereed is of nie. Gee dit alles wat jy het, sit die werk in en sodra dit verby is kan jy weer ontspan.


Onthou dat harde werk altyd afbetaal. Jim Watkins het gesê: “’n Rivier kerf deur die rots, nie as gevolg van sy krag nie, maar as gevolg van sy volharding.” Bly volhard met jou studie en moet nooit opgee nie. Laat ons weet wat jou motiveer en hoe jy moeilike vakke benader.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.