MAAK HOFLIKE KINDERS GROOT MET GOEIE GEDRAG EN GOEIE MANIERE

Maandag, 24 September 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Hoe om vir jou kinders goeie gedrag aan te leer.

blogImage

Een van die beste komplimente wat ’n ouer kan ontvang, is wanneer iemand jou kinders se goeie gedrag komplimenteer. Dit gebeur gewoonlik as jy as ouer nie naby is om na jou kinders te kyk nie en ’n ander volwassene merk het hul goeie gedrag op. Goeie gedrag is iets wat geleer word, net so is slegte gedrag. Dit beteken as jou kinders swak gedrag het, is daar hoop en kan dit herstel word, aangesien gedrag iets is wat ons aanleer.


Maak goedgemanierde kinders groot:
1. As jy goeie gedrag wil hê, wys goeie gedrag.
2. Verduidelik hoekom sekere gedrag goed is.
3. Maak kinders groot met ander in gedagte.
4. Beloon goeie gedrag.


1. As jy goeie gedrag wil hê, wys goeie gedrag.

Hoeveel ouers wens hul kinders sal net beskaafd teenoor volwassenes praat, tog praat die ouers self op ’n vernederende manier teenoor hul eggenoot of kinders? As jou kinders slegte gedrag toon, beteken dit dat jy ’n bietjie selfrefleksie oor jou eie gedrag moet doen. Kinders doen selde wat jy sê, hulle doen wat jy doen.


2. Verduidelik hoekom sekere gedrag goed is.

Kinders is van natuur nuuskierig en absorbeer inligting soos sponse. Moenie net sê wat hulle moet doen nie, verduidelik hoekom dit belangrik is dat hulle dit doen. Wanneer jy verduidelik hoekom hulle hoflik moet wees, sal hulle meer inligting oor die onderwerp hê en die aksie wat jy wil hê hulle moet doen as belangriker beskou. As jy byvoorbeeld wil hê hulle moet goeie tafelmaniere hê, verduidelik hoekom dit belangrik is: Dit sal jou vriende baie ongemaklik laat voel om te sien jy eet met jou mond oop en hulle sien al die kos wat jy kou in jou oop mond.


3. Maak kinders groot met ander in gedagte.

Kinders word selfsugtig gebore omdat di deel is hulle natuurlike oorlewingsinstink om net vir hulself uit te kyk. Tog soos jou kinders groot word, is dit belangrik om hulle te leer om die mense rondom hulle en hulle gevoelens in ag te neem. Dit beteken hulle moet bewus wees van ander se emosies en gevoelens en nie net hulle eie nie.

Emily Post, Amerikaanse skrywer wat bekend is vir die skryf van etiket, het gesê: “Maniere is die sensitiewe bewustheid van die gevoelens van ander. As jy daardie bewustheid het, het jy goeie maniere, maak nie saak watter vurk jy gebruik nie.”


4. Beloon goeie gedrag.

Positiewe gedragsversterking beteken om goeie gedrag te beloon sodat daardie gedrag met die beloning geassosieer word. Dit is bloot ’n vorm van aanmoediging. Dit beteken eenvoudig dat jy as ouer moet op die goeie dinge wat jou kinders doen let en vir hulle dankie sê daarvoor. Hoekom werk hierdie tegniek? As jou kinders hul bes probeer om iets goed te doen, maar dit word nie opgemerk of beloon nie, maar hulle word altyd gestraf vir hul slegte gedrag, dan is die slegte gedrag die enigste aksies wat aandag kry. Al die fokus is dus net op die slegte gedrag en as hulle jou aandag wil hê sal hulle verder slegte gedrag toon.


Ons wil alle ouers aanmoedig om hul kinders met goeie maniere op te voed en te belê om hulle goeie gedrag te leer. Onthou, wat jy nou jou kinders leer, sal die eienskappe wees wat hulle as volwassenes het. Andy Andrews stel dit so: “Die doelwit is om nie goeie kinders groot te maak nie. Dit is om kinders groot te maak wat goeie volwassenes word.”

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

SIEN DIE TEKENS VAN NOOD IN TIENERS RAAK EN HOE OM HUL SIELKUNDIGE WELSTAND TE VERSEKER

Vandag ervaar ons jeug stres op ’n baie groot skaal - selfs vanaf die vroeë ouderdom van 10 jaar. Di...

Lees

VOORSTELLE HOE OM VERTROUE, RESPEK EN ’N GOEIE VERHOUDING MET JOU KIND TE BOU

Kinders soek jou aandag, liefde en respek. Daarom is dit belangrik om met hulle te praat en hulle in...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.