SLAAG JOU EERSTE KWARTAAL EKSAMENS

Woensdag, 16 Februarie 2022

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Die sukses-strategie wat jy benodig om kwartaal 1-eksamens te slaag.

blogImage

Is jy angstig oor jou kinders se eerste kwartaal-eksamen?

Dit is ’n nuwe graad, nuwe onderwysers, of dalk selfs ’n nuwe skool. Dit is miskien jou kinders se eerste eksamen ooit of net die eerste eksamen van die jaar. Dit is normaal om senuweeagtig te voel, ongeag wat die situasie is. Miskien het die realiteit nog nie vir hulle ingesink nie en raak jy nog meer gestres omdat hulle dit nie ernstig opneem nie. Dit is verstaanbaar, want jy wil hê hulle moet slaag. As jou kinders goed voorbereid en toegerus is met die regte strategie, dan het hulle niks om oor bekommerd te wees nie.

’n Suksesvolle strategie om die eerste kwartaal se eksamens te benader:
1. Verstaan die rede waarom jy dit doen.
2. Voorbereiding is die sleutelwoord.
3. Werk elke dag daaraan.
4. Doen ’n oefenlopie.
5. Voer dit uit.
Bonus: Volg op en herevalueer.


1. Verstaan die rede waarom jy dit doen.
Om skool toe te gaan, aantekeninge te maak, te lees, te leer, na ekstra klasse te gaan, deur oefen-vraestelle te werk – dit verg baie tyd en moeite. Dit is nie altyd maklik en pret vir kinders nie. Om jou kinders deur die skool te kry, plaas ook baie druk op jou as ouer.

Hoekom doen jy dit? Dit is die groot vraag wat jy en jou kinders moet bespreek. Dit behoort die hoofdryfkrag agter hul besluite te wees. Die meeste probleme kan maklik opgelos word sodra jou kinders weet wat hulle wil bereik. Wanneer jou kinders oorweldig voel met tonne huiswerk en studiemateriaal, behoort hierdie antwoord hulle te help om weer op koers te kom.

Dit is dalk spoggerig om te sê jou kinders het 90% vir hul eksamens gekry, maar dit gaan nie net oor goeie punte nie – dit is veel meer as net dit.

Jy wil hê hulle moet sukses behaal, want ’n goeie opvoeding sal hulle toelaat om hul drome te volg. Daardie drome kan eintlik enigiets wees. Dit kan wissel van om die roetes van konvensionele loopbane te volg, soos dokters en ingenieurs; of die roetes vêrder weg van die sogenaamde hoofweg, soos astrofisici en historiese taalkundiges; of om hul eie paaie te skep as uitvinders en kunstenaars. Alle drome is ewe geldig en noodsaaklik om ons samelewings te verryk. Jou kinders weet dalk nog nie eers wat hul roeping in die lewe is nie. Hulle word nog groot en idees kan verander. Die punt is dat dit baie beter is om 'n goeie akademiese grondslag te hê wat later baie deure kan oopmaak.

Mahatma Gandhi het eens gesê: “Leef asof jy môre sou sterf. Leer asof jy vir ewig sou leef.”

Alhoewel dit waar is dat sommige mense op sestien skool verlaat en baie ryk en suksesvol word, is hulle die uitsondering, nie die reël nie. Selfs toe het dit nie vir hulle deur blote geluk gebeur nie. Hulle het ongelooflik hard gewerk en moes baie op hul eie leer. Hulle het ’n visie en doelwit gehad. Dit sal nie lank neem vir ’n sestienjarige om te wens dat hulle nie hul onderrig as vanselfsprekend aanvaar het, terwyl hul self probeer om ’n besigheid suksesvol op die been te bring nie.

Om die ingesteldheid te hê om behoorlik opgelei te wees is ook van toepassing selfs al wil jou kinders bloot ’n loopbaan volg wat nie strawwe tersiêre opleiding vereis nie. As hulle aktiwiteite soos modelwerk, dans, musiek, sport, ens. professioneel wil beoefen wat nie noodwendig deel van hul skoolkurrikulum is nie, dan moet jy tyd in hul daaglikse roetine skeduleer vir daardie buitemuurse aktiwiteite. Moet egter nie toelaat dat hulle hul skoolwerk heeltemal afskeep nie. Om goed vertroud te wees met taal, wiskunde, wetenskap, biologie, ekonomie, geskiedenis en tegnologie. sal hulle ’n beter, afgeronde mens maak, asook meer aanstelbaar maak. Dit is beter om oorgekwalifiseerd te wees as glad nie.

Sodra jou kinders hul toekoms goed oorweeg het, behoort hulle ’n antwoord te hê op hul groot visie “waarom”. Hulle moet gemaklik wees met die idee om konsekwent hard aan hul studies te werk sodat hul daardie doel kan bereik. Die feit is dat dit nie ’n vlietende gedagte of gewoonte sal wees wat net vir een skoolkwartaal duur nie. Hulle sal hierdie dryfkrag deur die hele jaar, hul hele skoolloopbaan en vorentoe nodig hê. Die realiteit is ons kry nie altyd ’n A+, vyf sterre, goue medaljes of ’n klop op die skouer vir ons harde werk nie. Soms gaan dit ongesiens verby. Hulle moet die proses geniet om te leer en hul verstand te verryk. Dit is blywend en baie meer lonend. ’n Blink sertifikaat of trofee is net ’n lekker bonus as bevestiging dat hulle op die regte pad is.


2. Voorbereiding is die sleutelwoord.
Nadat jou kinders die antwoord op die skrikwekkende vraag uitgevind het: “Waarom hulle dit?”, dan kom die volgende deel: “Hoe sal hulle dit bereik?” Voorbereiding is die sleutelwoord. Om stelsels in plek te sit sal jou kinders help om op koers te bly. Met goeie beplanning en die regte gesindheid is jou kinders goed op dreef.

As jy dinge nie behoorlik beplan nie, kan jy belangrike dinge misloop. Dit is wanneer jy sperdatums mis en met rooi oë by 'n eksamenlokaal instap nadat jy die vorige nag nie geslaap het nie.

Die beste manier om te begin is deur 'n skedule op te stel. Om 'n goeie skedule en kalender te hê, sal jou toelaat om vooruit te beplan. Lees alles daaroor in ons blog ‘Vier wenke wat jou sal help om 'n skedule vir 'n suksesvolle skooljaar op te stel’.

Begin deur vooruit te beplan vir die hele jaar, soos wanneer skoolkwartale begin en eindig, openbare vakansiedae, ens. Voeg dan dae by wanneer toetse en eksamens geskeduleer is. Voeg datums van belangrike huiswerkopdragte en groot projekte by. Onthou om dae by te voeg waarop buitemuurse aktiwiteite plaasvind, soos sokkeroefening en klavierlesse. Hulle behoort altyd vorentoe te kyk na wat volgende gaan gebeur.

Breek dit verder af in daaglikse aktiwiteite. Jy kan eers die vaste tye byvoeg, soos die tyd wat jy moet wakker word, skool toe gaan, terugkom van die skool af, middag- en aandete eet en gaan slaap. Dan kan jy bepaal watter tye die beste werk vir huiswerk en studies rondom al die ander aktiwiteite. Besluit hoeveel tyd jy aan elke vak wil toewys en hoeveel tyd jy nodig het om deur sekere onderwerpe te gaan. Wees realisties. Spasieer dit eerder uit as om alles die vorige dag in te prop.

Moet ook nie net ’n sekere aantal ure skeduleer om te leer net ter wille daarvan nie. Hou spesifieke doelwitte in gedagte. Byvoorbeeld: jy moet vandag deur hierdie 3 hoofstukke gaan of hierdie 5 beginsels verstaan of hierdie 10 name memoriseer. Dit kan meer of minder tyd neem as wat jy verwag het. Wees buigsaam.

Onthou om vryetyd en oefentyd by die skedule in te sluit. Jy moet na jou liggaam en gees omsien. Jy is gebonde hieraan vir die lang termyn. Probeer om nie te veel tyd te spandeer aan TV, selfone en rekenaarspeletjies wanneer jy ’n pouse neem nie; en moenie jou oefensessies oordoen sodat jy nie die res van die dag energie het nie. Om te gaan draf, na musiek te luister en ’n gesonde versnapering te eet, sal hulle vars en herlaai laat voel.

Nog ’n belangrike deel van voorbereiding is om gebruik te maak van die hulpbronne wat tot hulle beskikking is. Dit beteken om met onderwysers en ander studente te praat wat goed presteer. Hulle sal jou kinders in die regte rigting stuur en vir hulle persoonlike terugvoer gee.

Jou kinders kan ook van verskeie studietegnieke gebruik maak soos hardop lees; opsommings, flitskaarte en breinkaarte maak; of dit mondeliks aan ander mense te verduidelik.


3. Werk elke dag daaraan.
Jou kinders kan nadink oor die rede waarom hulle moet studeer en vasgevang word in eindelose filosofiese debatte. Hulle kan met elke skedule en daaglikse beplanner vir hul groot sukses beplan totdat hulle blou in die gesig is. Hulle kan elke wenk van elke onderwyser kry ... Maar daar kom ’n tyd wanneer hulle eenvoudig die aksie moet neem.

Gaan sit en studeer. Dit is so eenvoudig.

Geen onderwyser, ouer of mede-klasmaat kan die eksamen vir jou kinders skryf nie. Hulle moet dit doen.

Jou kinders moet konsekwent in hulle werksetiek wees. Hulle moet vooraf voorberei vir lesse deur die hoofstuk deur te lees voordat die klas begin. Hulle moet aantekeninge maak in die klas en daardie dag na skool deur hul notas lees, want dit sal in hul geheue versterk word. Hulle sal hul werk moet hersien voor ’n eksamen.

Hulle moet die leerproses ’n gewoonte maak en ’n manier vind om dit te geniet. Dit is ’n persoonlike ding wat baie vervullend kan wees.


4. Doen ’n oefenlopie.
Die laaste stap voordat werklike eksamens skryf kan word, wat moontlik die belangrikste is, maar dikwels oor die hoof gesien word, is dat jou kinders hulself toets. Gebruik vorige vraestelle en voorbeeld/oefen-vraestelle. Dit sal jou kinders 'n aanduiding gee hoe goed hulle hul werk ken. Dit sal hulle ook in die regte modus plaas om in terme van die eksamenvraestel-formaat te begin dink wanneer hulle studeer. Hulle glo dalk dat hulle hul werk ken sodra hulle ’n handboek deurgelees het, maar sodra dit alles deurmekaar gemeng is in vrae soos om kolom B by A te pas, meervoudige keuse, invul van ontbrekende woorde, byskrifte van diagramme ens. dan word dit ’n ander storie. Sodra hulle goeie punte inoefen-vraestelle kry, kan hulle met selfvertroue by die eksamenlokaal instap.


5. Voer dit uit.
Op die eksamen-dag is dit belangrik om die regte ingesteldheid te hê. Hulle moet gereed te wees om hierdie taak waarvoor hulle so hard voorberei het uit te voer sodat hulle die beste resultate kan kry.

Hier is effektiewe stappe vir jou kinders om te volg op die dag van hul eksamen:

Word vroeg wakker, eet ’n gesonde ontbyt, trek aan, plaas al die regte skryfbehoeftes in hul skooltasse, gaan betyds skool toe, wees vroeg by die eksamenlokaal, distansieer hulself van groepe kinders wat te veel klets en nie gefokus is nie, stap in maak met selfvertroue, maak die lessenaar skoon, haal die gereedskap uit wat hulle nodig het en neem ’n diep asemteug voordat hulle uiteindelik hul eksamenvraestel oopmaak.

Sodra hulle hul vraestel oopgemaak het, kan hulle vinnig daardeur blaai. Maak seker dat hulle die korrekte vraestel het en dat dit al die bladsye bevat. Kyk dan na die tyd en die aantal vrae.

Bereken rofweg hoe lank dit sal neem om die vrae te voltooi en hoe om hul tyd te verdeel. Sommige kan moeiliker wees of meer tyd benodig vir langer antwoorde. Dit is dikwels goed om te begin met die makliker vrae waarop hulle die antwoord ken en dit vinnig te voltooi (maar wees deeglik). Op hierdie manier bou hulle selfvertroue en momentum. Hulle kry gemoedsrus dat hulle reeds ’n paar punte gekry het. Dan kan hulle die langer en meer ingewikkelde vrae beantwoord.

Doen dan al die vrae wat hulle misgeloop het of waaroor hulle onseker was. Hulle kan ’n ingeligte raaiskoot maak en dit na die beste van hul vermoë beantwoord. As hulle in die klas oplet het behoort hulle redelik akkuraat te wees. Dit is beter om een punt te kry as glad nie. Onderwysers kan nie punte gee aan antwoorde wat nie op papier is nie.

Laastens moet hulle weer deur die eksamen lees om seker te maak dat hulle alle vrae beantwoord het. Hulle moet hul antwoorde te hersien en indien nodig dit aanpas. Hulle moet nie hulself te veel bevraagteken nie. Dit kan hulle ook verwar. Hulle kan ’n regte antwoord in ’n verkeerde een verander. Hulle moet met hul instink volg.

Nadat die eksamenvraestelle ingehandig is, moet hulle met selfvertroue en positiewe gedagtes by die eksamenlokaal uitstap. Hulle moet trots voel op wat hulle bereik het. Selfs al dink hulle dat hul beter kon doen of twyfelagtig is oor sommige antwoorde. Hulle moet nie te lank daaroor kwel nie, anders kan hulle moedeloos raak. Wat gedoen is, is gedoen. Hulle moet gereed maak vir die volgende eksamen.


Bonus: Volg op en herevalueer.
Hierdie stap moet deurlopend deel wees van jou kinders se strategie vir sukses.

Nadat hulle ’n toets voltooi het, kan kinders weer hul notas en handboeke nagaan om te sien of hulle die vrae reg of verkeerd beantwoord het. Hulle kan nadink oor maniere om te verbeter vir hul volgende eksamen. Dit kan wissel van eenvoudige vrae wat hul in gedagte moet hou, soos “Hoe kan ek hierdie tipe vrae volgende keer beter beantwoord?”, “Kan ek dit meer doeltreffend doen” of “Moet ek aan hierdie vaardigheid werk?”.

Hulle moet nie ure spandeer om hulself te verwyt oor hoe hulle beter kon gedoen het nie. Niks is ooit 100% perfek nie. Dit is belangriker om hul vaardighede met elke eksamen te verbeter. Dit sal uiteindelik ook weerspieël in hul punte.

Eers nadat hulle hul rapporte ontvang en hul vraestelle teruggekry het, sal hulle werklik hul prestasie kan assesseer. Evalueer hoe hulle in hul eksamens gevaar het en of dit met hul doelwitte en prioriteite ooreenstem. As hulle 'n wiskundige wil word, moet hulle nie te veel stres oor ’n 75% vir hul geskiedenisvraestel nie. Dit is reeds goed. Hulle behoort egter hoë punte vir hul wiskunde-vraestelle te kry. As hulle ’n veearts wil word, maar druip in die biologieklas, dan is daar 'n probleem.

Dit is goed vir jou en jou kinders om van tyd tot tyd die hele proses te herevalueer. Wat werk vir hulle en wat nie? Gaan weer deur hierdie stappe en versterk hul strategie. Elke kind is anders. Wat vir een van jou kinders werk, werk dalk nie vir die ander nie. Probeer en probeer weer. Die belangrikste ding is dat hulle nooit moed verloor en hul drome opgee nie.


Ons wens jou aan kinders ’n suksesvolle uitkoms vir hul kwartaal 1 eksamens. Laat weet ons of jy dit nuttig gevind het en wat jou kinders se eksamen-strategieë is. Dit kan ander ouers en leerlinge ook help.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

VIND ’N LEERSTYL WAT DIE BESTE BY JOU PAS

Het jy geweet daar is 4 primêre leerstyle: Visuele leerstyl, Ouditiewe leerstyl, Lees/Skryf leerstyl...

Lees

DIE BESTE MANIER OM TE VERSEKER DAT JY VOORBEREID IS VIR JOU EKSAMEN, IS DEUR SELFASSESSERING

Het jy al ooit hard gestudeer vir 'n toets, maar dan op die dag van die toets is jou geheue skoon we...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.