VIER WENKE WAT JOU SAL HELP OM 'N SKEDULE VIR 'N SUKSESVOLLE SKOOLJAAR OP TE STEL

Maandag, 15 Januarie 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Wat moet jy doen gedurende die eerste week van skool? Stel natuurlik jou skedules op en beplan vooruit terwyl jy nog tyd aan jou kant het!

blogImage

Het jy al ooit die bekende gesegde van Benjamin Franklin gehoor “As jy misluk met jou beplanning, beplan jy om te misluk”? Benjamin Franklin het beslis die belangrikheid van beplanning verstaan en elke plan wat goed uitgewerk is, bevat 'n skedule. ’n Skedule is een van die belangrikste instrumente wat ons kan gebruik om ons doelwitte te bereik.


In hierdie artikel deel ons die volgende wenke wat jou sal help om 'n skedule op te stel:
1. Stel 3 noodsaaklike skedules op.
2. Beplan hoeveel tyd jy benodig vir elke aktiwiteit.
3. Bestuur jou daaglikse skedule.
4. Inkorporeer vrye tyd en prettige aktiwiteite in jou skedule in.


1. Stel 3 noodsaaklike skedules op.

Daar is 3 belangrike skedules wat jou sal help om jou aktiwiteite vir 'n gebalanseerde lewenstyl te organiseer:

  1. ’n Maandelikse kalender wat al die maande van die jaar en belangrike datums aandui. Jy moet ook alle spesifieke gebeurtenisse waarvan jy reeds weet by hierdie skedule byvoeg.
  2. ’n Weeklikse skedule wat al die sport-, kultuur- en buitemuurse aktiwiteite wat jy vir elke dag van die week het aandui, asook belangrike toetse en opdragte wat opduik.
  3. ’n Daaglikse beplanner wat ’n “om te doen” lys, huiswerk en spesifieke take bevat wat op daardie dag voltooi moet word.



2. Beplan hoeveel tyd jy benodig vir elke aktiwiteit.

’n Gesonde, gebalanseerde leefstyl behoort jou skoolwerk, sport- en kultuuraktiwiteite, tyd vir familie en vriende, sowel as vryetyd, te bevat. In jou skedule moet jy aandui die hoeveelheid tyd jy gedurende die week aan elke aktiwiteit moet spandeer. Daar is egter siklusse wat voorkom wanneer jy jou skedule moet aanpas. Wanneer daar ’n groot toets opduik, moet jy huiswerk en leerwerk vir die toets prioritiseer. Tydens skoolvakansies kan jy baie meer tyd spandeer op stokperdjies en met jou familie en vriende. Die sleutel is om al die belangrike aktiwiteite te balanseer en jou skedule aan te pas om ’n gebalanseerde leefstyl te skep.


3. Bestuur jou daaglikse skedule.

  1. Beplan jou dag die vorige aand deur die aktiwiteite neer te skryf wat jy weet daardie dag gedoen moet doen.
  2. Laat genoeg tyd om huiswerk te doen wat jy op dag ontvang het.
  3. Skryf baie spesifieke doelwitte neer. Byvoorbeeld, moenie net skryf “Doen huiswerk” nie, maar wees spesifiek deur te skryf “Doen wiskunde huiswerk somme 1 - 10 bladsy 7.”
  4. Doen die moeilikste taak eerste. Wanneer jy die moeilikste taak eerste voltooi, sal jy onmiddellik verlig en gemotiveerd voel om die volgende taak te doen.
  5. Moenie meer as een taak op dieselfde tyd probeer doen nie. Daar is 'n Ierse spreekwoord wat sê: “As jy twee hase jaag, sal jy nie een vang nie.” Dit beteken dat as jy twee of meer take gelyktydig probeer doen, sal jy nie een van die take goed doen nie. Fokus eerder op een ding op 'n slag en elke taak sal vinniger en meer akkuraat voltooi word.



4. Inkorporeer vrye tyd en prettige aktiwiteite in jou skedule in.

Niemand kan voortdurend hard werk en nie moeg word nie. As jy moeg word, word jy traag en werk ondoeltreffend. Jy kan maklik agter raak met jou skedule en sperdatums mis. Die beste manier om huiswerk te doen en te studeer, is 40 minute se werk met 10 minute tussenposes. Onthou ook om jouself te vergoed met 'n langer ruskans nadat jy klaar is met ’n onderwerp. Beloon jouself as jy alles van jou “om te doen” lys voltooi het, want al hierdie klein prestasies sal jou nader bring om jou doelwitte te bereik. Vier ook jou groot prestasies, byvoorbeeld wanneer jy goeie punte vir jou toets kry, want dit sal jou gemotiveerd hou vir die volgende toets.


Om te volhard met ’n skedule kan soms moeilik wees en vereis baie self-dissipline, maar op die lang duur help dit om groot sukses te behaal. Gebruik jy enige van hierdie noodsaaklike skedules en is daar ander skeduleringsmetodes wat jy gebruik om jou te help om by ’n plan hou?

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.