GETUIGSKRIFTE

Ons ondersteun leerders in die voorbereiding vir hul toekoms.

VERTEL ONS VAN JOU ERVARING

Ons sal graag wil hoor wat jy te sê het vir Afrikaanse Skoolprojekte. Vertel ons wat jou ervaring is en of ons jou kinders gehelp het om hul prestasie te verbeter.

Plaas jou resensie hieronder.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

WAT OUERS SÊ

Ons kry gereeld terugvoer vanaf ouers, grootouers, onderwysers en almal wat 'n belangrike rol in kinders se lewens speel. Hulle vertrou ons met hul kinders se skoolonderrig. Ons het meer as 'n dekade se ondervinding sedert 2005 en is net so passievol oor dit wat ons doen as wanneer ons begin het! Ons doel is om 'n verskil te maak nie net in kinders se akademiese prestasie en die manier waarop hul leer nie, maar ook in alle ander gebiede van hul ontwikkeling.

Jy kan hier lees wat ander sê...

Gemiddelde Gradering

10 Resensies

Dankie vir julle puik diens en harde werk. My kind in Gr 5 het van ’n ACE skool na staatskool gegaan in die 2de kwartaal die jaar en was dit nie vir julle nie, het hy en ek seker nie dit gemaak nie. Sy punte het dramaties verhoog in sy vakke van druip of net-net deur na 65 – 86%. Baie dankie ons gaan beslis volgende jaar weer van julle diens gebruik maak.

~ Sonja van Heerden

Beste Sonja,

Baie dankie vir jou terugvoering. Baie geluk met jou kind se akademiese vordering! Dit is 'n groot prestasie. Julle kan werklik baie trots wees!

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie, baie dankie vir julle moeite met ons kinders. Hierdie lyk na ’n uitstekende produk. Ons het waardering vir mense soos julle wat omgee en hierdie kwaliteit hulp aan ons kinders besorg. Baie dankie vir ure se harde werk.

 

~ Marietjie Nel

Beste Marietjie,

Baie dankie vir jou mooi woorde en jou waardering vir wat ons doen. Sterkte met jou kinders se akademie.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Julle diens is uitstekend en ek sal julle definitief aanbeveel.

~ Tania Els

Beste Tania,

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie Baie Baie dankie. Wat ’n wonderlike program. Jou hulpmiddels is “AWESOME”. Daar’s hoop! Daar’s ’n toekoms!

~ Shellain Bisschoff

Beste Shellain,

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Hiermee wil ek net my hartlike dank as Tuisskool ouer aan u uitspreek vir die puik produk. Die eksamen vraestelle het voorwaar gehelp met ons voorbereiding. Ek sal u produk met graagte aanbeveel aan enige persoon.

~ Whanita Bothma

Beste Whanita,

Baie dankie vir jou mooi terugvoer. Sterkte met die tuisskoolonderrig. Ons wil jou daarop komplimenteer. Dit is baie harde werk en jou kind kan dankbaar wees vir 'n ouer soos jy!

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Julle is ’n absolute sterre!! Baie dankie!!

~ Heidi du Plessis

Beste Heidi,

Baie dankie vir jou 5-ster resensie!!

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ek kan nie vir julle verduidelik hoe ingenome ek is met die inkopie wat ek by julle gemaak het nie. Dit het ’n verskriklike groot verandering in my kind se uitslae en selfvertroue gemaak. Baie dankie vir julle hulp. Ek wens net ek het die bestelling baie vroeër in die jaar gedoen.

~ E.I. Hammond

Beste E.I. Hammond,

Baie dankie vir die terugvoering. Dit maak ons vreeslik bly dat ons 'n positiewe bydrae kon lewer tot jou kind se punte en selfbeeld. Dit is baie belangrik dat kinders 'n positiewe uitkyk het op hul akademie en dit geniet om te leer. Goeie resultate spoor kinders aan om meer te leer en om beter te doen, veral wanneer hul hardwerkend is. Baie sterkte. Hou ons op hoogte met jou kind se vordering.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Een van ons direkteure het laas jaar vir haar dogter Gr8 aangekoop. Sy gebruik hierdie materiaal baie. Sy het net uit dit uit geleer en fantasties gedoen. Sy staan 2de in haar graad!

~ Mari Grunig

Beste Mari,

Baie dankie vir die boodskap. Sê asseblief vir haar baie geluk dat sy tweede staan! Dit is 'n groot prestasie.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Kan nie wag om aanlyn te wees nie – julle webtuiste is ONGELOOFLIK!!

~ Ann-Mary Heynes

Beste Ann-Mary,

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Dit is vir ons ONGELOOFLIK lekker om dit te hoor.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie dankie vir die pakket! Dit is werklik uitstekend. Ek waardeer opreg uit die diepte van my hart.

~ Sita Snyders

Beste Sita,

Baie dankie vir jou boodskap. Ons waardeer dit opreg. Sterkte vir julle!

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.