GETUIGSKRIFTE

Ons ondersteun leerders in die voorbereiding vir hul toekoms.

VERTEL ONS VAN JOU ERVARING

Ons sal graag wil hoor wat jy te sê het vir Afrikaanse Skoolprojekte. Vertel ons wat jou ervaring is en of ons jou kinders gehelp het om hul prestasie te verbeter.

Plaas jou resensie hieronder.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

WAT OUERS SÊ

Ons kry gereeld terugvoer vanaf ouers, grootouers, onderwysers en almal wat 'n belangrike rol in kinders se lewens speel. Hulle vertrou ons met hul kinders se skoolonderrig. Ons het meer as 'n dekade se ondervinding sedert 2005 en is net so passievol oor dit wat ons doen as wanneer ons begin het! Ons doel is om 'n verskil te maak nie net in kinders se akademiese prestasie en die manier waarop hul leer nie, maar ook in alle ander gebiede van hul ontwikkeling.

Jy kan hier lees wat ander sê...

Gemiddelde Gradering

10 Resensies

Vreeslik baie dankie vir al julle moeite en julle wonderlike program. Dit is so lekker om julle program te gebruik! Dit is regtig ’n baie groot aanwins en dit het ons al so baie gehelp.

~ Angelique Visser

Beste Angelique,

Dit is lekker om te hoor dat die programme help jou kinders. Dankie vir jou terugvoering.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ons sien uit na die nuwe pakket. Ek dink julle stelsel is puik. Aangesien verlede jaar in Graad 4 ’n groot aanpassing was met nuwe vakke, klasse wissel en verskillende onderwysers, was julle hulp met voorbereiding vir toetsreekse en eksamens so waardevol. Ons was aangenaam verras met ons dogtertjie se eksamen-gesindheid en prestasie.

Baie dankie! Alle seën vir die jaar.

~ Mariette Nortjé

Beste Mariette,

Baie dankie vir jou getuigskrif. Ons is baie bly om te hoor jou dogter presteer so goed en is baie hardwerkend en doelgerig. Baie sterkte vorentoe.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Sjoe, julle is vinnig. Baie dankie vir die spoedige en wonderlike diens!!!

~ Cindy Hugo

Dankie baie vir jul dienste. Ek het skielik baie minder hoofpyn oor Hoërskool!

~ Nita Schoonwinkel

Beste Nita,

Dankie vir jou terugvoering. Ons is baie bly om te hoor. Sterkte met die hoërskool. Dit is net 'n kort rukkie totdat julle dit gewoond is.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ek wil julle komplimenteer vir die inligting wat op die stelsel beskikbaar is – dit is “great”.

~ Marissa Gous

Beste Marissa,

Baie dankie. Ons is bly om te hoor dit help julle. Sterkte.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Graag wil ek julle tot dusvêr bedank vir jul flink en spoedige diens. Laat my toe as ouma om bietjie te spog. My kleinkind het tot dusvêr 100% in al haar vraestelle van gr 4 ontvang, sowel as al haar take. Ek weet dit is “early days”, maar Afrikaanse Skoolprojekte maak my taak soveel makliker. Ek is ’n baie tevrede ouma.

~ Sharleen Trosello

Beste Sharleen,

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons waardeer dit. Dit is wonderlik om te hoor dat jou kleinkind so goed vaar. Baie geluk met die 100% vir haar toetse. Jy kan baie trots wees! Ons is baie bly saam met julle.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ek het en kan met groot LOF julle pakket vir my vriende en familie aanbeveel en my vrou sien baie daarna uit om die hulpmiddels ens. te gebruik om ons seun voor te berei vir die nuwe skooljaar!!

~ Louis Greeff

Ek gebruik die program nou al 6 maande. Ek wil net sê ek is so beïndruk. Dit help my baie! Dankie dat jy jou genade oor my laat kom het. Baie dankie vir julle almal se harde werk om die inligting op te laai. Dit maak ons las baie ligter. Ek wens net daar is meer ouers wat die program kan gebruik.

~ Elske van Dyk

Beste Elske,

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ek is opgewonde oor die projekte en het al die graad 5 data begin deurgaan. Ek sien goeie resultate vir my kleinseun in graad 5. Na my kleindogter verlede jaar as uitruilstudent Europa toe was en terug gekom het, het ek vir die laaste kwartaal ingeteken en sy het haar posisie behou alhoewel sy werk verloor het. Afrikaanse Skoolprojekte is vir my regtig van baie hulp. Die blog help ongelooflik baie. Al is ek amper 80 jaar oud baat ek net so baie daarby. Wat ’n voorreg om kleinkinders te hê en hulle te help om hulle potensiaal te bereik. Baie seën op die produk!

~ Lida Swanevelder

Beste Linda,

Baie dankie vir jou terugvoer. Wat 'n wonderlike verhaal van 'n wonderlike ouma af! Ons is baie bly om te hoor dat jy in jou kleinkinders se toekoms belangstel en dit geniet om saam met hul leer.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ons het ontsettend baie voordeel gekry uit jul wonderlike produkte en bid jul die seën van ons Vader toe vir die toekoms. Mag jul net groei elke oomblik.

~ Alta Oberholzer

Beste Alta,

Baie dankie vir jou terugvoer en seënwense.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.