10 BEKOSTIGBARE, INTERESSANTE EN OPVOEDKUNDIGE AKTIWITEITE OM GEDURENDE DIE SKOOLVAKANSIE TE DOEN

Maandag, 02 April 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Ons wil hê dat kinders tydens die skoolvakansie moet ontspan, maar ons wil nie hê dat hulle die hele vakansie agter die televisie deurbring nie.

blogImage

“Rus en selfversorging is so belangrik. As jy tyd neem om jou gees te hervul, kan jy ander met die oorvloed bedien. Jy kan nie uit ’n leë houer bedien nie.” - Eleanor Brownn

Hierdie vakansie wil ons hê dat elke skoolkind goed moet uitrus en tyd neem om te ontspan. Om te rus en te herlaai is een van die sleutelelemente vir jou sukses. Welverdiende rus tydens die vakansie is nodig vir kinders om hul bes te doen wanneer skool weer begin. Ons wil egter nie hê kinders moet verveeld en lui wees nie. Daar is baie opwindende aktiwiteite wat jy kan doen tydens die vakansie wat jou brein skerp sal hou en jou gees herlaai.


Ons lys van 10 bekostigbare, interessante en opvoedkundige aktiwiteite om gedurende die skoolvakansie te doen:
1. Besoek ’n museum.
2. Spandeer tyd saam met diere.
3. Maak ’n bietjie geld.
4. Verken die buiteruim.
5. Bevry jou innerlike kunstenaar.
6. Leer meer oor ’n industrie.
7. Leen ’n helpende hand.
8. Speel ’n speletjie.
9. Leer oor jou familie.
10. Plant jou eie kulinêre tuin.


1. Besoek ’n museum.

Die beste manier om meer oor die wêreld te leer, is nie net om daaroor in ’n boek te lees nie. Om na ’n museum te gaan sal jou sintuie stimuleer en jou leer oor hoe ons as mense oor die jare ontwikkel het. Daar is baie fassinerende museums in Suid-Afrika wat jy kan besoek. Interessante Suid-Afrikaanse museums sluit die volgende in:

Die Franschhoek-motormuseum in die Wes-Kaap
Natuurwetenskapmuseum in Durban
Eerste Suid-Afrikaanse Parfuummuseum in Kaapstad
Suid-Afrikaanse Nasionale Museum van Militêre Geskiedenis in Johannesburg, Gauteng


2. Spandeer tyd saam met diere.

Besoek ’n dieretuin, akwarium, voëlpark of ’n natuurreservaat. Daar is baie reservate en voëlparke regoor die land. Om een te besoek is ’n goeie manier om te leer oor diere waarvan jy nie vroeër geweet het nie. As jy ’n kamera of slimfoon het, neem foto’s van hierdie diere en vertel aan jou vriende wat jy geleer het.


3. Maak ’n bietjie geld.

’n Bietjie ekstra sakgeld is vir enige skoolkind altyd ’n goeie ding! Jy kan dit gebruik om jouself te bederf op dae wanneer jy ’n hupstoot nodig het. Leer byvoorbeeld om koekies te bak of iets met jou hande te maak. Neem jou produk en vertoon dit aan vriende en bure en verkoop dan jou produk. Wie weet, kan jy ’n gesiene besigheidseienaar word.


4. Verken die buiteruim.

Het jy al ooit gewonder oor die sterre en planete? Ons leef in ’n groot heelal en kennis van ons wêreld vereis kennis van ons planete. Die Wits Planetarium sal jou alles leer oor die sterre in ’n kort en vermaaklike vertoning. Besoek die Wits Planetarium webwerf vir meer inligting en om jou kaartjies te bespreek.


5. Bevry jou innerlike kunstenaar.

Herlaai na ’n lang skool termyn deur interaksie te hê met kunswerke en kunstenaars. Kuns kan jou emosioneel roer, jou inlig en inspireer om selfs kreatief te wees. Ons land is gevul met kunsgalerye en daar is baie uitstallings wat elke week plaasvind. Wees op die uitkyk vir ’n kunsuitstalling naby jou.


6. Leer meer oor ’n industrie.

Is jy geïnteresseerd in ingenieurswese, ontwerp of boerdery? Daar is baie maatskappye wat besoekersentrums geskep het waar jy presies kan sien hoe die maatskappy of fabriek werk. Byvoorbeeld: Clover, suiwelprodukte en sapvervaardiger, het in 2017 hul besoekersentrum geopen. Dit stel mense van alle ouderdomme in staat om te sien hoe die suiwelbedryf werk. Jy kan hier ’n bespreking by Clover maak.


7. Leen ’n helpende hand.

Daar is nooit genoeg vrywilligers nie! As jy hierdie vakansie by jou plaaslike DBV of ouetehuis gaan inloer sal jy verbaas wees oor wat jy kan leer. By die DBV kan jy honde en katte bad, hul slaapareas skoon maak en met hondjies en katjies speel. In ’n ouetehuis kan jy stories aan bejaardes lees en tyd spandeer om hulle te leer ken. Jy kan eenvoudig na stories van hul jeug luister of om vir jul kos te bedien. Enige hulp word altyd waardeer.


8. Speel ’n speletjie.

Arkade Speletjies of ’n spel putt-putt is altyd pret. Toegangsfooie vir die meeste van hierdie speletjies is nie te duur nie en jy sal jou vriende kan uitdaag vir die hoogste telling. Arkade Speletjies en putt-putt is goeie maniere om jou hand-oog-koördinasie te beoefen, stres te verlig en dit is ook pret om iets te doen wat jy nie elke dag doen nie!


9. Leer oor jou familie.

Gedurende die skoolkwartaal is ons geneig om die mense wat ons die meeste liefhet af te skeep – ons familie. Maak hierdie vakansie die tyd wanneer jy jou gesin weer leer ken. Stel ’n stamboom op, vra uit oor die oorsprong van jou bloedlyn en wie jou groot-grootouers is. Vra jou ouers of soek deur die internet om uit te vind wat jou familiewapen is en watter land jou voorouers oorspronklik vandaan gekom het. Dit is ’n goeie familietyd met jou broers en susters, ouers en grootouers.


10. Plant jou eie kulinêre tuin.

’n Goeie manier om jou vakansie te optimaliseer sonder om ’n stoelpatat te word, is om jou eie groente- of kruietuin te plant. Dit is ’n heerlike manier om tyd buite te spandeer sonder om jou huis te verlaat. Daar is baie maniere om ’n kulinêre tuin te skep. Die beste nuus is dat jy nie eers ’n groot agterplaas nodig het nie. Jy kan eenvoudig met ’n paar sade in ’n pot begin. Leer meer oor verskillende plantspesies, hoe jy dit kan gebruik of voorberei in jou etes en hoe dit jou eie kombuis kan aanvul. Dit is ’n prettige aktiwiteit vir die hele gesin. Volgende keer as jy moet uitgaan om tamaties te kry kan jy eenvoudig net in jou tuin loop en dit self pluk.


Kyk mooi na jouself hierdie vakansie. Neem deel aan aktiwiteite wat jy nog nie vantevore gedoen het nie en vul jou siel met verrykende en opwindende avonture. Geniet dit! Laat weet ons as jy enige van hierdie 10 aktiwiteite probeer het.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

5 KREATIEWE MANIERE OM JOU BREIN TYDENS DIE VAKANSIE TE STIMULEER

Ons wil jou hierdie vakansie aanmoedig om iets kreatief te doen. Nie net om verveeldheid te vermy ni...

Lees

10 BEKOSTIGBARE, INTERESSANTE EN OPVOEDKUNDIGE AKTIWITEITE OM GEDURENDE DIE SKOOLVAKANSIE TE DOEN

Hierdie vakansie wil ons hê dat elke skoolkind goed moet uitrus en tyd neem om te ontspan. Om te rus...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.