5 KREATIEWE MANIERE OM JOU BREIN TYDENS DIE VAKANSIE TE STIMULEER

Maandag, 26 Maart 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Skoolvakansies is daar om uit te rus, maar dit beteken nie dat jou brein onaktief moet wees nie.

blogImage

Het jy al ooit teruggekom vanaf ’n skoolvakansie en dan is dit asof jy skielik vergeet het om te skryf – asof jou hand en verstand te lank gerus het? Dit gebeur gewoonlik as ons niks doen gedurende die vakansie wat kreatief en intellektueel stimulerend is nie.

Albert Einstein het gesê: “Kreatiwiteit is intelligensie wat pret het.” Daarom wil ons jou aanmoedig om iets kreatief hierdie vakansie te doen. Nie net om verveeldheid te vermy nie, maar om jou intelligensie verder te bevorder.


Hier is 5 kreatiewe idees om jou brein te stimuleer:
1. Legkaarte en kopkrappers.
2. Storieboeke.
3. Speel speletjies.
4. Skep iets met jou hande.
5. Leer hoe om ’n musiekinstrument te speel.


1. Legkaarte en kopkrappers.

Legkaarte kom in baie vorms voor. Jy kan begin met ’n tradisionele legkaart waar jy verskillende legkaartstukke saam moet plaas om ’n prentjie te vorm. Het jy al ooit ’n 1000-stuk legkaart probeer bou? Dit kan taamlik moeilik wees!

Die oplossing van ’n Rubik se kubus is ’n goeie kopkrapper. As jy hulp wil hê kan jy maklik YouTube-tutoriale opsoek vir formules oor hoe om ’n Rubik se kubus op te los.

Sudoku is een van die oudste en beste kopkrappers om jou brein te stimuleer. Dit is bewys dat Sudoku probleemoplossingsvaardighede bevorder en hoe om te dink in terme van die breër prentjie.


2. Storieboeke.

Om ’n storieboek tydens die vakansie te lees, sal nie net jou leesvaardighede verbeter nie, maar ook jou verbeelding stimuleer. Die groot verskil tussen televisie kyk en ’n storie lees, is dat die rolprent of televisieprogram elke detail van die storie gee – geen verbeelding is betrokke nie. Wanneer jy egter ’n boek lees moet jy self die gesigsuitdrukking van die karakter voorstel, hoe hul stem klink, watter soort skoene hulle dra en selfs hoe hul huis lyk. As jy nie lees nie, begin om kortverhale of selfs poësie te lees. Dit is net soveel pret en jy sal vinnig deur baie boeke hardloop.

Wat van om self ’n storie te skryf? Niemand geniet voorgeskrewe opstelle in Afrikaans of Engels nie, maar om jou eie storie te skryf sal ’n nuwe wêreld vir jou oopmaak. Jy kan sit en net begin skryf oor jou dag, jou drome of ’n tyd in die geskiedenis waarheen jy wil reis. Jy kan selfs poësie probeer skryf.


3. Speel ’n speletjie.

Daar is soveel bordspeletjies vandag om vanaf te kies en elkeen kan jou ’n waardevolle vaardigheid leer. Hier is ’n paar bordspeletjies wat ons aanbeveel:

Meesterbrein, Skrabbel, Monopolie, Skaak, Checkers en Jenga.

PlayStation, X-box en rekenaar speletjies is net so voordelig om kreatiwiteit te stimuleer! Hand-oog koördinasie en fyn motoriese vaardighede word ontwikkel wanneer hierdie speletjies gespeel word. Dit verminder stres, verbeter fokus en leer probleemoplossing- en deursettingsvermoë. Dit kan ook ’n kind se beplannings- en organisasievermoë verbeter. Die mees voor die hand liggende positiewe effek wat rekenaarspeletjies op kinders het, is die vermoë om gelyktydig opdragte uit te voer en aanpasbaar te wees in hul denke. Ons raai jou nie aan om die hele vakansie rekenaarspeletjies te speel nie – aangesien daar altyd ’n negatiewe uitkoms is van te veel van ’n goeie ding.


4. Skep iets met jou hande.

Wanneer jy kuns doen stimuleer jy die meeste van jou sintuie en beoefen konsentrasie. Probeer teken, verf of maak iets uit klei. As jy nie baie selfversekerd is in die kunsklas nie, is daar baie inkleurboeke wat nie net vir kleuters bedoel is nie. Jy kan begin om iets uit hout te maak, ’n boomhuis te bou of selfs met robot-Legos vir tieners te speel. Origami verg ook baie kreatiwiteit. Jy kan pragtige voorwerpe skep as geskenke vir vriende en familie. Die moontlikhede is eindeloos.


5. Leer hoe om 'n musiekinstrument te speel.

Die speel van 'n musiekinstrument is baie nou verwant aan intelligensie. Deur die klavier, dromme of enige ander musiekinstrumente te speel, moedig jy jou brein aan om beter te presteer oor die algemeen. Dit sal duidelik word in die meeste skoolvakke, veral analitiese vakke soos wiskunde en wetenskap. Deur te leer om ritme te hou en om elke noot perfek te speel, leer jy dissipline aan en verhoog jou kognitiewe breinaktiwiteit. Dit kan ook baie pret wees om saam met jou musikale vriende te speel.

Vir meer inligting oor die verband tussen die speel van ’n musiekinstrument en wiskundige vaardighede, lees die volgende artikel deur LiveScience.com: ‘Gee Musiek jou wiskunde vaardighede? Dit is ’n moeilike vergelyking’.


Ons glo hierdie is wonderlike maniere wat jou kan help om jou gedagtes aktief en vars te hou gedurende hierdie kort skoolvakansie. Laat weet ons as jy enige van hierdie speletjies speel, stories (of selfs poësie) skryf. Stuur vir ons ’n foto van jou voltooide legkaart of kunswerk! Ons sal graag wil sien hoe kreatief jy is.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

5 KREATIEWE MANIERE OM JOU BREIN TYDENS DIE VAKANSIE TE STIMULEER

Ons wil jou hierdie vakansie aanmoedig om iets kreatief te doen. Nie net om verveeldheid te vermy ni...

Lees

10 BEKOSTIGBARE, INTERESSANTE EN OPVOEDKUNDIGE AKTIWITEITE OM GEDURENDE DIE SKOOLVAKANSIE TE DOEN

Hierdie vakansie wil ons hê dat elke skoolkind goed moet uitrus en tyd neem om te ontspan. Om te rus...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.