6 EENVOUDIGE DINGE WAT JY DADELIK KAN DOEN OM JOU TE HELP MET DIE VOORBEREIDING VAN JOU TOETSE

Maandag, 19 Maart 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Om te leer vir toetse kan vir sommige leerlinge voel soos ’n nagmerrie wat die werklikheid geword het. Die realiteit is egter dat om te leer net deel van die leerervaring is.

blogImage

Akademiese onderrig is een van die belangrikste faktore wat sukses in ons lewe bepaal. Wanneer ons hard en ywerig studeer, bou ons baksteen vir baksteen aan ’n blink toekoms vir onsself. Malcolm X het gesê: “Onderrig is die paspoort vir die toekoms, want môre behoort aan diegene wat vandag daaraan voorberei.”

Voorbereiding vir toetse kan egter stresvol wees en soms kan dit ons oorweldig.


Wenke om beter te leer en jou beste te presteer:
1. Verander jou gedagtes, verander jou lewe.
2. Kleurkodering.
3. Skryf dit uit.
4. Sê dit hardop.
5. Kies die beste tyd om te studeer.
6. Smaak en geure.


1. Verander jou gedagtes, verander jou lewe.

Jou ingesteldheid sal altyd die uitkoms bepaal. Dit maak nie saak hoe hard jy leer nie, as jy by die eksamenlokaal ingaan met die ingesteldheid van twyfel en glo dat jy dom is, dan is die kans groot dat jy nie jou bes doen nie. Daarom moet jy jou die woorde “kan nie” uit jou gedagtes vee en begin glo dat as jy die werk doen wat van jou vereis word, jy goeie punte sal kry.


2. Kleurkodering.

Die manier waarop jy jou studienotas maak sal ’n groot impak hê op hoe jy inligting onthou. Leer om met verskillende gekleurde glanspenne te werk. Byvoorbeeld: vir nuwe terminologie, gebruik die kleur pienk om jou werk uit te lig. Definisies kan pers wees. Name, plekke en datums kan oranje gemerk word. Wetenskaplike name kan groen wees. Ander belangrike inligting kan geel wees.

Nog ’n nuttige wenk om te weet is dat jy meer inligting sal onthou as jy ’n blou pen gebruik in plaas van ’n swart pen. Dit is as gevolg van hoe jou oë inligting ontvang en stoor.


3. Skryf dit uit.

Wanneer jy uit ’n handboek leer, moet jy leer hoe om goeie notas en opsommings te maak. Jy mag dink dat om jou werk uit te skryf sal te veel tyd neem, maar deur die inligting slegs eenkeer uit te skryf is dit die ekwivalent van om die inligting sewe keer te lees – want jy gee eintlik noukeurig aandag aan die woorde. Daarom as jy net ’n bietjie ekstra tyd spandeer om dit uit te skryf sal jy dit beter onthou. Hou egter in gedagte dat as jy op hierdie manier wil leer dat daar genoeg tyd aan jou kant moet wees. As jy nie dit so kan doen nie, kan jy altyd net die hoofopskrifte van elke onderwerp met sleutelpunte neerskryf.


4. Sê dit hardop.

Jy is sowat 50% meer geneig om inligting te onthou wanneer jy dit hardop sê in plaas van om net in stilte dit deur te lees. Ons raai jou aan om opsommingsnotas oor ’n sekere onderwerp te maak, dit een of twee keer aandagtig en in stilte deur te lees en dan dit hardop te lees. Jy kan ook in jou eie woorde dit wat jy hardop lees herhaal, deur dit aan jouself te verduidelik. Jy moet dit egter nie doen wanneer jy in ’n studie-groep is nie – jy sal die ander leerders se aandag aflei en hul steur.


5. Kies die beste tyd om te studeer.

As jy besluit oor ’n studie-tydraamwerk moet jy onthou om nie soveel as moontlik werk in die minste tyd probeer inprop nie! Ons brein kan nie al die inligting vir ’n toets die vorige aand stoor nie. Maak dus seker dat jy ten minste 5 dae voor die toets begin leer. As dit baie werk is en jy weet jy sal meer tyd benodig, beplan daarvolgens.

Die beste tyd van die dag om te leer word beskou as die vroeë oggende - aangesien ons breinfunksionaliteit op sy hoogste is. Om presies te wees, breinfunksionaliteit is op ’n vlak van 90% gedurende 4 uur en 6 uur in die oggend. Later gedurende die dag verminder die breinfunksionaliteit tot 50%. Laat in die nag is dit min of meer 20%. Onthou dat dit nie waar is vir alle mense nie. Sommige is werklik naguile en meer kreatief en produktief gedurende die aande.

Met groeiende kinders is dit egter raadsaam om ’n daaglikse roetine te hê wat ooreenstem met dié van die skool. Trouens, roetines is selfs belangriker omdat dit neurale sirkulariteit versterk. Leer soggens voor skool en beslis ná skool in die middae. As jy in die aand beter leer, moet jy doen wat die beste vir jou is, maar probeer om te verhoed dat jy laat in die aand kritiese en belangrike werk leer. Soms is dit ongelukkig nodig om later wakker te bly om deur jou werk te kom. Onthou net om genoeg te slaap. Vir laerskoolkinders is 8 ure slaap nodig en hoërskoolkinders moet minstens 6 ure slaap.


6. Smaak en geure.

Het jy geweet dat deur gegeurde kougom te kou kan jy ongeveer 24% meer in jou toetse kry? Wanneer jy ’n sekere geur kougom kou terwyl jy leer en dan dieselfde gegeurde kougom kou net voordat jy jou toets skryf (of selfs terwyl jy jou toets skryf), sal dit jou help om inligting baie meer effektief te herroep.

Jy kan die volledige artikel van NewScientists.com hier lees: ‘Kougom verbeter geheue’.


Daar is baie ander studietegnieke wat jy kan volg, maar hierdie is vinnig en maklik om te volg. Ons hoop dat jy dit sal gebruik wanneer jy vir jou volgende toets leer. Laat weet ons as jy enige van hierdie tegnieke probeer het. Watter ander studiewenke kan jy met ons deel?

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

6 EENVOUDIGE DINGE WAT JY DADELIK KAN DOEN OM JOU TE HELP MET DIE VOORBEREIDING VAN JOU TOETSE

Voorbereiding vir toetse kan stresvol wees. Ons deel egter vandag met jou 6 maklike wenke oor hoe jy...

Lees

LEER SLIM MET HIERDIE 6 EFFEKTIEWE STUDIE RIGLYNE

Leer om slimmer te werk, nie harder nie, met ons 6 effektiewe studie riglyne. Dit is een van die bel...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.