LEER SLIM MET HIERDIE 6 EFFEKTIEWE STUDIE RIGLYNE

Maandag, 30 April 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Om te leer is nie ’n maklike taak nie. Vir sommige leerlinge is dit ’n prestasie net om agter ’n boek te gaan sit. Jy wil egter die meeste baat uit elke leersessie.

blogImage

Leer om slimmer te werk, nie harder nie. Dit is een van die belangrikste lesse wat jy ooit sal leer. Dit leer jou hoe om die maksimum te kry uit die hoeveelheid tyd wat jy in jou studies sit. Abraham Lincoln het dit as volg opgesom: “Gee my ses ure om ’n boom af te kap en ek sal die eerste vier spandeer om die byl te slyp.” Dit beteken dat as ons slim werk en die byl skerp maak, met ander woorde op die regte manier voorberei vir ’n toets, sal die proses om die ‘akademiese boom’ ‘af te kap’ vinniger gaan.


6 Effektiewe studie riglyne om jou te help om slimmer te werk en nie harder nie:
1. Begin met die moeilikste werk eerste.
2. Som elke dag op.
3. Toets jou onderwysers.
4. Oefen eksamenvraestelle.
5. Maksimeer jou kennis.
6. Variasie kan jou punte verhoog.


1. Begin met die moeilikste werk eerste.

Moenie al jou tyd spandeer om die werk wat jy reeds ken te hersien nie. Gaan die werk na wat jy nog nie opgesom en geleer het nie. As jy byvoorbeeld 3 hoofstukke het om vir die aanstaande toets te leer, moet jy nie begin met die werk wat jy ken en reeds geleer het nie. Begin met die nuutste of moeilikste werk. As jy voel dat jy die moeilikste en nuutste werk verstaan, hersien dan die ou werk.


2. Som elke dag op.

Een van die beste maniere om te leer, is om ’n onderwerp op te som die dag wat dit in die klas behandel word. Maak notas tydens die klas, vra vrae en verstaan wat jy geleer het. As jy egter jou aantekeninge leer binne een dag nadat jy dit gemaak het, sal dit lei tot ’n behouingskoers van 60% hoër as gewoonlik.


3. Toets jou onderwysers.

Vra jou onderwysers tydens klas wat is die belangrikste konsep wat jy oor ’n onderwerp moet verstaan, sodat jy weet watter soort vrae jy in die toets kan verwag. Let op elke dag watter onderwerpe jou onderwyser beklemtoon het en wees seker dat jy meer tyd spandeer op daardie onderwerpe wanneer jy leer.


4. Oefen eksamenvraestelle.

Die belangrikheid van oefen eksamenvraestelle kan nie genoeg beklemtoon word nie. Het jy al ooit ’n stresvolle toets afgelê en dan skielik slaan jou geheue skoon weg? Oefen eksamenvraestelle kan maklik vir jou uitwys watter onderwerpe jy nog nie bemeester het nie en op watter onderwerpe om te fokus. Enige universiteitstudent sal jou vertel hoe belangrik dit is om met vorige- of voorbeeld vraestelle te oefen. Hulle weet hoe belangrik dit is om nie net iets uit die handboek te leer ken nie, maar hoe om dit korrek toe te pas. Afrikaanse Skoolprojekte spesialiseer in oefen eksamenvraestelle. Sluit vandag aan om die voordele te geniet.


5. Maksimeer jou kennis.

Verstaan dat jou onderwysers vrae uit elke onderwerp en hoofstuk moet vra. Dit sal nie sinvol wees om al jou tyd net op een onderwerp te spandeer as jy weet dat jou onderwyser al die onderwerpe in die vraestel moet toets nie. Dit is beter om 70% van elke hoofstuk te ken as om 100% van een hoofstuk te ken, maar slegs 50% oor die res. Jy het dalk net op die verkeerde onderwerp gefokus!


6. Variasie kan jou punte verhoog.

Wanneer ons vir meer as een toets moet leer, is ons geneig om paniekerig te voel, want dit voel asof ons nooit deur al die werk gaan kon kom nie. Wees egter verseker dat om te leer vir twee verskillende vakke jou eintlik kan bevoordeel. Byvoorbeeld, om wiskunde te leer en om biologie te leer werk twee verskillende ‘spiere’ van die brein. Jy gebruik verskillende vaardighede om ’n diagram of skets te leer, as om te oefen hoe om algebraïese vergelykings op te los. Ons raai jou aan om ’n vak waarvan jy hou en goed in is te kombineer met ’n vak waarmee jy werklik sukkel. Miskien hou jy van kunsgeskiedenis, maar jy sukkel met chemie. Jy kan maklik ’n skedule uitwerk sodat jy jou chemiese vaardighede vir twee ure kan beoefen en dan af te wissel met kunsgeskiedenis vir een uur lank. Jy sal meer verfris voel wanneer jy terug keer na chemie nadat jou brein iets gedoen het wat jy geniet.


Leer slim vir jou volgende toets. Jy sal kalmer en verfris wees en uiteindelik gelukkiger voel deur die hele termyn. As jy van hierdie tegnieke gebruik maak, vertel ons hoe dit jou bevorder. As jy nog ander tegnieke het om by te voeg, deel dit asseblief saam met ons!

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

6 EENVOUDIGE DINGE WAT JY DADELIK KAN DOEN OM JOU TE HELP MET DIE VOORBEREIDING VAN JOU TOETSE

Voorbereiding vir toetse kan stresvol wees. Ons deel egter vandag met jou 6 maklike wenke oor hoe jy...

Lees

LEER SLIM MET HIERDIE 6 EFFEKTIEWE STUDIE RIGLYNE

Leer om slimmer te werk, nie harder nie, met ons 6 effektiewe studie riglyne. Dit is een van die bel...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.