HET JY MOTIVERING NODIG NA DIE SKOOLVAKANSIE?

Maandag, 09 April 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Bly gemotiveerd en vasberade om hierdie jaar ’n sukses te maak.

blogImage

Die nuwe kwartaal het begin. Sommige was dalk gedurende die skoolvakansie ’n bietjie onaktief gewees en het ’n bietjie van hul vasberadenheid om hard te werk verloor. Ons het probeer om jou uit te help met nuttige idees om jou brein aktief te hou gedurende die vakansie, maar dit is verstaanbaar om te voel dat jy nie heeltemal gereed is vir jou besige skedule en swaar werkslading nie.

Ons is net vier maande in die jaar in en nou is dit beslis nie die tyd om agter te raak nie. Het jy enige van jou Nuwejaarsvoorneme al bereik? Is jy op koers met jou akademiese prestasie? Is jou produktiwiteit op sy hoogtepunt?

As jy “nee” geantwoord het by enige van die bogenoemde vrae, het jy ’n bietjie motivering nodig. Jy het baie om te doen en daar is nog baie tyd oor om alles te bereik wat jy hierdie jaar beplan het om te doen!


10 Maniere om gedetermineerd te bly deur die jaar:
1. Herorganiseer.
2. Herskryf jou doelwitte.
3. Stel ’n splinternuwe skedule op.
4. Fokus op jou gesondheid.
5. Kry ’n goeie nagrus in.
6. Omring jouself met positiewe mense.
7. Ontvlug afleidings.
8. Moenie alles vergeet wat jy tot dusvêr geleer het nie.
9. Raak opgewonde oor die nuwe kwartaal.
10. Streef vir vooruitgang, nie perfeksie nie.


1. Herorganiseer.

Een van die beste maniere om jou motivering te herstel, is om van al die oortollighede ontslae te raak. Begin deur jou rugsak en pennesakkie skoon te maak as jy dit nog nie gedoen het nie. Gooi gebruikte papiere en leë penne weg. As jy voel dat jy ’n splinternuwe begin nodig het sorter jou hele kamer uit, en veral jou lessenaar.


2. Herskryf jou doelwitte.

Hersien die doelwitte wat jy vir hierdie jaar opgestel het. Is dit nog haalbaar en watter plan kan jy maak om jou doelwitte te bereik?

As jy geen doelwitte opgestel het nie, kyk na ons blog artikel wat jou sal verduidelik hoe om doelwitte op te stel en hoe om dit reg te kry. (Blog: ‘Hoe om nuwejaarsvoornemens op te stel wat jy werklik kan bereik’).


3. Stel ’n splinternuwe skedule op.

Stel ’n nuwe skedule op wat die tyd en datums van hierdie kwartaal se toetse en buitemuurse aktiwiteite insluit. Beplan jou dae en weet wanneer jou take ingedien moet word, ken die toetsdatums en wanneer daar rugby-, netbal- en hokkiewedstryde is. Lees ons blog oor hoe om ’n skedule op die regte manier op te stel: ‘Vier wenke wat jou sal help om ’n skedule vir ’n suksesvolle skooljaar op te stel’.


4. Fokus op jou gesondheid.

Wy jouself toe hierdie kwartaal om gesond te bly, veral aangesien die aande koeler is, wil ons nie hê dat jy siek word nie. Handhaaf ’n gebalanseerde lewenstyl wat ’n gebalanseerde dieet en gereelde oefening insluit. As jy meer inligting verlang oor wat ’n gebalanseerde lewenstyl is, lees ons blog ‘Wat behels ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl?


5. Kry ’n goeie nagrus in.

Om genoeg slaap in te kry is noodsaaklik vir die groei van kinders en tieners. Dit is veral belangrik die aand voordat die nuwe kwartaal begin. Sit jou klere uit en pak jou skooltas die vorige aand sodat jy nie die volgende oggend gespanne is dat jy laat sal wees nie.


6. Omring jouself met positiewe mense.

Om jouself te omring met ’n goeie portuurgroep sal jou nie net in ’n goeie bui sit nie, maar jou punte sal ook daardeur verbeter. Dit is algemeen aanvaar deur sielkunde dat ons vriende en mense met wie ons onsself omring ’n impak op ons prestasie het. As jy jouself omring met mense en vriende wat altyd kla, sal jy kort-voor-lank ook begin kla. Die teenoorgestelde is ook waar, as jy jouself omring met positiewe en motiverende mense, sal jy ook gemotiveer word.


7. Ontvlug afleidings.

Jy het moontlik hierdie vakansie baie tyd aan stokperdjies en sosiale media spandeer. Dit is egter nou die tyd om jou prioriteite uiteen te sit vir ’n suksesvolle kwartaal – dit sluit in minder tyd voor die televisie en meer tyd om op jou skoolwerk te fokus.


8. Moenie alles vergeet wat jy tot dusvêr geleer het nie.

Jy het die vorige kwartaal so hard gewerk. Dit sou jammer wees as al die kennis wat jy die afgelope paar maande opgedoen het, vergeet word. Begin om weer deur jou studie-notas van die vorige kwartaal te lees – onthou dat elke onderwerp op die vorige een bou. Dit is belangrik om ’n goeie basis van kennis te handhaaf.


As jy jou vorige toetse terug ontvang – gaan deur jou antwoorde en beoordeel wat jy geskryf het. Verstaan waarom jy foute gemaak het en as jy steeds nie die werk verstaan nie, vra jou onderwyser om dit weer aan jou te verduidelik.


9. Raak opgewonde oor die nuwe kwartaal.

“Optimisme is 'n geluksmagneet. As jy positief bly, sal goeie dinge en goeie mense na jou getrek word.” - Mary Lou Retton. Opgewondenheid en optimisme sal jou nooit misluk nie. As jy opgewonde is om iets nuuts te leer, gaan jy na die klasse toe met ’n positiewe uitkyk en vra vrae omdat jy werklik wil leer en jouself verbeter. Jou brein sal dan begin om die proses van leer en studeer te geniet. As jy jouself leer hoe om optimisties te wees, sal jou punte verbeter, omdat jou verstand glo dit is pret en wil goed doen. Trek goeie dinge, goeie punte en goeie mense in jou lewe nader, bloot deur opgewonde te raak oor die lewe.


10. Streef vir vooruitgang, nie perfeksie nie.

Moenie bekommerd wees om perfek te wees en perfekte punte te kry nie. Die enigste vraag wat jy moet beantwoord is: “Gee jy jou beste poging en doen jy beter as gister?” As jy JA hard en duidelik kan verklaar, dan is jy op die regte pad! Hou aan, jy doen goed. Die res kom met tyd!


Verbind jouself hierdie nuwe kwartaal om jou beste te gee. Hou by jou nuwe skedule en raak opgewonde oor die lewe. “Jou vermoë om jouself te dissiplineer om duidelike doelwitte te stel en daagliks daaraan te werk, sal meer doen om jou sukses te verseker as enige ander enkele faktor.” - Brian Tracy. Laat weet ons hoe en waaruit jy nuwe motivering vir hierdie kwartaal sal kry?

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.