LAASTE-MINUUT STUDIEWENKE OM LEERMATERIAAL TE MEMORISEER

Maandag, 28 Mei 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

5 Wenke om studeerwerk meer effektief te memoriseer.

blogImage

Jy skryf eksamen en het nie vroegtydig voorberei soos wat ons voorgestel het nie. Die hele gesin is gespanne en jy voel verbouereerd. Daar is nie genoeg tyd om die leermateriaal noukeurig te verstaan nie, maar jy moet iets op jou eksamenvraestel skryf!

Ons moet nooit werk probeer inprop nie! Soms is daar egter nie genoeg tyd om alles te doen nie, en nou moet ons in baie kort tyd baie materiaal bestudeer. So, hoe kan ons binne 'n kort tyd ’n groot hoeveelheid werk memoriseer?


5 Maniere om die maksimum te benut uit min studietyd:
1. Bestudeer die terme en definisies.
2. Kry die geheelindruk.
3. Bestudeer sketse en diagramme.
4. Fokus op wat jou onderwyser in die klas gesê het.
5. Lees jou notas voor jy gaan slaap.


1. Bestudeer die terme en definisies.

Wanneer jy die terme en definisies wat in 'n hoofstuk gegee word, bestudeer, berei jy reeds voor vir 5 soorte vrae: Meervoudige keuse, Vergelyk Kolom A met Kolom B, Vul die ontbrekende woorde in, Kort vrae en Waar of Vals vrae. Jy kan selfs oorweeg om hierdie definisies in langer vrae te gebruik wanneer jy 'n konsep verduidelik.


2. Kry die geheelindruk.

As jy nie klaar is met die opsomming van jou werk nie, begin dan bloot deur die hoofstukke, subopskrifte en sketse te lees. Dit help om 'n geheelindruk van die hoofstuk te kry. As jy lang vrae in die eksamen kry, sal jy ten minste beginpunte vir elke argument hê.


3. Bestudeer sketse en diagramme.

Sketse en diagramme is gewoonlik maklik om te onthou, want dit laat 'n prentjie in ons gedagtes. Memoriseer hierdie sketse en diagramme, want jy sal waarskynlik gevra word om die skets te verduidelik of weer te gee. Maak seker dat jy al die punte vir die skets kry, insluitende die titel, byskrifte en netheid.


4. Fokus op wat jou onderwyser in die klas gesê het.

Die kanse is groot dat jou onderwyser genoem het wat belangrik is vir elke onderwerp tydens die klasperiode. Ons hoop dat jy geluister het, want hulle gaan heel moontlik die vrae vra oor wat hulle as belangrik beskou. As jy nie kan onthou wat hulle as belangrik genoem het nie, vra jou onderwyser weer of vra jou vriende.


5. Lees jou notas voor jy gaan slaap.

Jou brein is 'n kragtige orgaan. Selfs wanneer jy slaap, sal jou brein steeds die inligting verwerk. So wanneer jy klaar oefen eksamenvraestelle deurgewerk en gestudeer het, neem ’n bad en trek jou nagklere aan, en voordat jy gaan slaap, lees eers jou notas weer een keer deur. Dit is ook baie belangrik om ’n goeie nagrus te kry die aand voordat jy eksamen skryf.

Ons weet om te studeer vir eksamens kan vreesaanjaend wees, veral as jy weet jy het nie op die manier voorberei as wat jy wou nie. Daar is egter een ding wat jy altyd kan doen voor 'n toets - visualiseer hoe goed jy gaan doen. As jy jouself visualiseer hoe jy die eksamen skryf en glo dat jy goed sal doen, verkry jy alreeds 'n voordeel. “Sluit jou oë en dink aan die beste weergawe van jouself moontlik. Dis wat jy regtig is, vry van enige deel van jou wat dit nie glo nie.” - C. Assaad

Vir meer studie wenke lees ons blog “Die beste manier om te weet dat jy voorbereid is vir jou eksamen, is deur selfevaluering”.


Probeer om nie werk in te prop nie. Mag hierdie wenke jou help indien jy min studie-tyd oor het. Ons wens jou sterkte toe met die eksamens.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

6 EENVOUDIGE DINGE WAT JY DADELIK KAN DOEN OM JOU TE HELP MET DIE VOORBEREIDING VAN JOU TOETSE

Voorbereiding vir toetse kan stresvol wees. Ons deel egter vandag met jou 6 maklike wenke oor hoe jy...

Lees

LEER SLIM MET HIERDIE 6 EFFEKTIEWE STUDIE RIGLYNE

Leer om slimmer te werk, nie harder nie, met ons 6 effektiewe studie riglyne. Dit is een van die bel...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.