Terug-Skool-Toe Gids Vir Ouers In Suid-Afrika

Woensdag, 03 April 2024

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Voorbereding vir ouers vir die terugkeer van hul kinders na 'n akademiese roetine

blogImage

Terug-Skool-Toe Voorbereiding Vir Ouers

Om jou kinders te help om vir 'n nuwe skoolkwartaal voor te berei, kan stresvol wees as 'n ouer. Soms kan dit voel asof daar soveel is om te doen, om 'n nuwe kalender voor te berei, die kinders weer in 'n roetine te kry en te verseker dat enige uitstaande projekte voltooi is. Maar jou kinders sal altyd onthou dat jy as 'n ondersteunende ouer opgedaag het en hulle gehelp het wanneer hulle terug gekeer het skool toe. 

Hier is hoe jy jou kinders kan help voorberei vir die terugkeer na 'n akademiese roetine vir die nuwe skooltermyn.

Pas Jou Kinders Se Roetine Geleidelik Aan Om Terug Te Keer Skool Toe

Afhangende of jou kinders 'n langer of korter skoolvakansie het, sal bepaal hoe vroeg jy met 'n geleidelike skooltoe-roetine begin.  Vir korter vakansies behoort 2 - 3 dae genoeg te wees, terwyl langer skoolvakansies, soos die Desember-vakansie, kan beteken dat kinders ongeveer 'n week nodig het om in 'n roetine te kom. Jy ken jou jou kinders die beste so jy kan dit op gehoor speel, maar baie navorsingstudies toon dat konsekwente roetines en struktuur in kinders se daaglikse lewens 'n positiewe impak op hul algehele welstand en akademiese sukses het. Om 'n goeie roetine by die huis te hê, gee kinders 'n gevoel van sekuriteit en voorspelbaarheid, wat help om stres en angs te verminder.

Begin deur 'n gesprek met jou kinders te voer en verduidelik dat die hele gesin besig is om voor te berei vir die nuwe skoolkwartaal wat vir julle voorlê. Stel dan saam 'n skedule op. Vir jong kinders vroeg in die laerskool kan jy visuele leidrade gebruik soos prente van aktiwiteite wat ooreenstem met die tye van die dag om hulle te help om die waarde van 'n daaglikse roetine te verstaan. Vir tieners, laat hulle toe om hul eie skedule te skep (met jou hulp) om hulle 'n gevoel van beheer en verantwoordelikheid te gee. Sluit aanpassings aan slaaptyd en opstaantye, asook etenstye, in om by julle normale skoolskedule in te pas.

Sluit aktiwiteite in wat kinders weer met akademiese aktiwiteite leer ken, soos om legkaarte te bou of opvoedkundige speletjies na ete te speel en leestyd voor slaaptyd. As jy op soek is na idees wat jou kidnerst gedurende die vakansie kan doen, lees ons blog oor top 10 goedkoop, interessante en opvoedkundige dinge om te doen tydens die skoolvakansie.

Maak Kommunikasiekanale Oop

Soms het ons kinders nog nie die taalgebruik om presies te verduidelikg hoe hulle voel nie. Dalk voel hulle opgewonde, angstig, bang, of 'n kombinasie van verskillende gevoelens - alles heeltemal normaal. Om te verstaan hoe jou kinders voel, sal jou leiding gee hoe om die terug-skooltoe gesprek met jou kinders te benader. Stel gereelde een-tot-een tyd op met elke kind om hul gevoelens en bekommernisse oor die terugkeer skooltoe te bespreek. Daar is baie maniere om tyd saam te spandeer - gaan vir stappie, kook iets lekker saam of speel 'n speletjie. Enige aktiwiteit wat mens saam kan geniet kom handig wanneer mens 'n dieper gesprek as ouer met jou kinders of tieners wil hêt. Moedig ook jou kinders aan om hul gevoelens uit te druk deur te skryf, teken, kuns of musiek te maak as hulle nie gemaklik is om direk daaroor te praat nie.

Leer Jou Kinders Hoe Om Hanteringstrategieë Te Beoefen

Hanteringstrategieë of “coping strategies” is tegnieke om jou gedagtes en emosies te help reguleer tydens stresvolle situasies. In ons geval het die voorbereiding van kinders vir 'n nuwe kwartaal sy eie uitdagings. Daar kan dalk nuwe buitemuurse aktiwiteite wees om te balanseer, nuwe vakmateriaaltoetse en eksamens sal geskryf word en selfs sosiale situasies wat kinders moet navigeer.

Vir die meeste van ons kinders se skoolervaring is ons as ouers bloot toeskouers. Die beste gereedskap wat ons vir ons kinders kan gee, is tegnieke om stres te hanteer wanneer ons nie by hulle is nie. Om stres en angs van die skooltermyn goed the hanteer is so belangrik vir kinders se algehele welstand en om akademies goed te presteer.

Strategie 1: Diep Asemhaling

Wanneer jou kinders gestres of senuweeagtig voel, is die eerste ding wat hulle kan doen om hul emosies te reguleer diep asem te haal. Diep asemhaling kan help om hul liggame se stresreaksie te kalmeer en help om hul gedagtes op iets anders gefokus te kry. Leer hulle om stadige, diep asems in te haal deur die neus, vir 'n paar sekondes in te hou en dan stadig uit te blaas deur die mond.

Strategie 2: Positiewe Selfgesprek

Leer jou kind om negatiewe gedagtes met positiewe bevestigings te vervang wanneer hulle voorberei vir 'n uitdaging of wanneer hulle 'n moeilike situasie in die gesig staar. Moedig hulle aan om negatiewe selfgesprek uit te daag deur hulself te herinner aan hul sterkpunte, vermoëns en vorige suksesse. Positiewe selfgesprek kan help om hul ingesteldheid te verander en gevoelens van stres en selftwyfel te verminder. 

Strategie 3: Probleemoplossingsvaardighede

Help jou kind om probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel om uitdagings wat hulle by die skool teëkom, aan te pak. Leer hulle om probleme in kleiner stappe op te breek, dinkskrum te vorm oor moontlike oplossings en die voor- en nadele van elke opsie te evalueer.

Strategie 4: Tydsbestuur

Leer jou kinders effektiewe tydbestuursvaardighede om enige gevoelens van oorweldiging en stres te verminder. Help hulle om 'n daaglikse of weeklikse skedule te skep om hul take te organiseer en hul verantwoordelikhede te prioritiseer. Moedig hulle aan om groter take in kleiner, meer hanteerbare stukke op te breek en tyd toe te ken vir pouses en ontspanning.

Strategie 5: Fisiese Aktiwiteit

Fisiese aktiwiteit is baie belangrik om kinders te help om stres te hanteer. Dit is nie net 'n goeie uitlating van opgekropte energie nie, maar dit help ook om endorfiene, die goedvoelhormone, vry te stel. Fisiese aktiwiteit kan baie vorme aanneem, soos om sport te speel, te gaan stap, of joga of gimnastiek te oefen. Maak seker dit is 'n sport of aktiwiteit wat jou kinders geniet en bonuspunte as jy dit saam met hulle kan doen.

Strategie 6: Soek Ondersteuning

Leer jou kinders hoe belangrik dit is om ondersteuning van betroubare volwassenes, soos ouers, voogde of onderwysers, te soek wanneer hulle oorweldig of gestres voel. Moedig oop kommunikasie aan en verseker hulle dat dit goed is om hulp te vra wanneer dit nodig is.

Stel Realistiese Verwagtinge Vir Jou Kinders Vir Die Nuwe Kwartaal

Alhoewel dit baie belangrik is om 'n positiewe ingesteldheid te handhaaf, is dit ook belangrik om jou kinders te herinner dat dit heeltemal normaal is om senuweeagtig of onseker te voel om terug te gaan skool toe na 'n vakansie en dat baie van hul klasmaats waarskynlik dieselfde voel. Help jou kinders om hul klein oorwinnings en pogings te vier, eerder as om net op akademiese prestasies of buitemuurse sukses te fokus. Plaas klem op die belangrikheid van veerkragtigheid, aanpasbaarheid en om net jou beste te gee. Moedig jou kinders aan om die nuwe skooltermyn met 'n positiewe gemoed te benader, en herinner hulle daaraan dat uitdagings ook tot groei- en leergeleenthede kan lei.

Wenke om ouers te help om hulself vir die nuwe skoolkwartaal voor te berei

Om vir 'n nuwe skoolkwartaal voor te berei kan ook baie uitdagend vir ouers wees, veral wanneer daar verskeie verantwoordelikhede balanseer moet word. Baie ouers het verskillende uitdagings, soos om voltyds te werk (soms selfs 'n tweede werk te werk), om 'n huishouding te bestuur, gesonde maaltye te beplan en voor te berei, bietjie oefening te kry en as daar tyd oor is - jou sosiale lewe. So, hoe kan 'n ouer hulself voorberei vir hul kinders se nuwe skoolkwartaal?

Maak 'n Gesinskalender

Dit is soms moeilik om kop te hou met alles - buitemuurse aktiwiteite, toetsdae, projekte, naweeksportspeletjies, sosiale geleenthede. 'n Gesinskalender wat almal se belangrike datums op het, is 'n hulpmiddel wat besige ouers kan help.

Stel 'n gesinskalender op wat belangrike datums insluit:

  • Skoolvakansies
  • Ouer-onderwyser konferensies
  • Buitemuurse aktiwiteite
  • Projek sperdatums
  • Toets- of eksamendatums
  • Verjaarsdae
  • Sosiale geleenthede

Hierdie kalender kan 'n fisiese kalender op die yskas of 'n digitale kalender op jou toestelle soos fone en skotrekenaars wees, solank as almal toegang tot die kalender het. Gaan 'n stap verder en kleurkodeer die kalender - organiseer dit volgens kategorie óf volgens die kinders se name. Dit sal almal help om georganiseerd te bly en vooruit te beplan vir besige tydperke. Dit is belangrik om die hele gesin by hierdie beplanningsaktiwiteit te betrek en almal aanspreeklik te hou vir enige opdaterings van hul skedules.

Stel Roetines Vas

Vestig goeie daaglikse roetines vir jouself en jou gesin om met take te help en tyd meer doeltreffend te bestuur. Kom ooreen op vasgestelde opstaanroetines en slaaptydroetines, tye vir maaltye en tye vir huistake en skoolwerk, en selfs weeklikse beplanningsessies om skedules te koördineer.

Delegeer Verantwoordelikhede

Delegeer take en verantwoordelikhede onder jou gesin om die las op jou minder te maak en die gesin as  'n span saam te laat werk. Moedig kinders aan om ouderdomstoepaslike take en verantwoordelikhede op te neem, soos om hul eie middagete te onthou, hul eie wasgoed op te vou, of om te help met huishoudelike take. Jonger kinders kan help met makliker take soos om hulle beddens in die oggend op te maak, terwyl tieners kan met meer gevorderde huistake help soos om verantwoordelikheid vir troeteldiere te vat of selfs om verantwoordelik te wees vir een maaltyd in n week. Jy ken jou kinders en tot wat hulle in staat is en hoe hulle verantwoordelikheid kan opneem.

Stel Realistiese Verwagtinge Vir Jouself

Wees realisties oor wat jy kan bereik in 'n dag of 'n week en moenie bang wees om nee te sê vir bykomende verpligtinge wat jou kan oorweldig nie. Prioritiseer take gebaseer op belangrikheid en dringendheid, en fokus op wat werklik saak maak vir jou en jou gesin se welstand.

Oefen Selfsorg

Maak selfversorging 'n prioriteit deur gereeld tyd te skeduleer vir aktiwiteite wat jou herlaai en jou energie terug gee. Soms kan mamma of pappa so besig raak om vir almal te sorg, en vergeet om na hulself ook te kyk. Of dit nou oefening, meditasie, stokperdjies, of tyd saam met geliefdes deurbring, om tyd vir selfversorging uit te kerf, sal jou help om balans te handhaaf en stres meer effektief te bestuur.

Soek Ondersteuning

Moenie huiwer om uit te reik vir ondersteuning van vriende, familielede of ander ouers wat dalk soortgelyke uitdagings in die gesig staar nie. Om by ouerondersteuningsgroepe of aanlyngemeenskappe aan te sluit, kan ook waardevolle hulpbronne, advies en aanmoediging verskaf.

Hulpmiddels, soos Afrikaanse Skoolprojekte se studiemateriaal, gee jou kinders die hulp wat hulle nodig het met toetsvoorbereiding, wat ouers weer help tyd in hul sak terug sit. Kies jou kind se graad op ons Produk bladsy en leer meer hoe ons jou kan help. Ons het ook Facebook en Instagram bladsye waar ons gereeld opdaterings en wenke met ouers deel - volg ons ook daar!

Wees Aanpasbaar

Understand that plans may need to change and unexpected challenges may arise, so it's important to stay flexible and adapt as needed. Practice patience and resilience, and don't be too hard on yourself if things don't always go as planned.

Planne gaan dalk moet verander wanneer onverwagte uitdagings opduik, daarom is dit belangrik om aanpasbaar te bly en planne te verander soos nodig. Wees geduldig met jou gesin en moenie te hard op jouself wees as dinge nie altyd verloop soos beplan nie. 

Kommunikeer Met Jou Kind Se Skool

Vestig oop kommunikasielyne met jou kinders se skole en onderwysers om ingelig te bly oor belangrike opdaterings, gebeure en akademiese vordering. Woon ouer-onderwyser afsprake, soos oueraand, by en bly betrokke by jou kind se opvoeding om te verseker dat hulle die ondersteuning het wat hulle nodig het om sukses te behaal.

 

Deur hierdie strategieë te implementeer, kan ouers hulself en hul kinders beter voorberei vir die nuwe skoolkwartaal en die uitdagings wat daarmee saamgaan.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

SIEN DIE TEKENS VAN NOOD IN TIENERS RAAK EN HOE OM HUL SIELKUNDIGE WELSTAND TE VERSEKER

Vandag ervaar ons jeug stres op ’n baie groot skaal - selfs vanaf die vroeë ouderdom van 10 jaar. Di...

Lees

VOORSTELLE HOE OM VERTROUE, RESPEK EN ’N GOEIE VERHOUDING MET JOU KIND TE BOU

Kinders soek jou aandag, liefde en respek. Daarom is dit belangrik om met hulle te praat en hulle in...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.