VIERDE KWARTAAL EKSAMENS

Maandag, 02 November 2020

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Wees voorbereid vir die vierde kwartaal eksamens soos nog nooit tevore nie.

blogImage

Die meeste van ons sal saamstem dat hierdie jaar soos ’n tuimeltrein was! Alles wat gebeur kan vir baie kinders geweldige onsekerheid veroorsaak. Hul akademiese prestasie kan daaronder ly. Die eksamenperiode kan ’n stresvolle tydperk vir kinders wees.

Die positiewe kant van eksamens is dat daar meestal ’n regte of verkeerde antwoord is (ja, selfs met die vrae wat ’n bietjie interpretasie vereis kan jou kinders myle uit wees). Kinders moet die regte antwoord ken en ook weet hoe om die vraag korrek te beantwoord. Baie keer het kinders geweldige kennis rondom die onderwerp en ken eintlik die antwoord, maar weet nie hoe om vinnig genoeg die inligting te verwerk en om hulself tegnies korrek uit te druk wanneer hul die inligting rond geskommel sien in ’n vraestel. Die stres van toesighouers, die tyd wat aanstap en baie op die spel is soms genoeg om kinders heeltemal te verbouereer in ’n eksamen. Dis asof hul nog nooit ’n enkele klas bygewoon het nie, ten spyte dat hul wel hardwerkend is en pligsgetrou hul huiswerk gedoen het regdeur die jaar.

Een manier om op die regte spoor te kom met betrekking tot die skryf van eksamens, is eenvoudig om te oefen om eksamens te skryf. Dit gee kinders die geleentheid om alles wat hulle geleer het saam te vat en oor te dra. Hulle sal ’n hupstoot kry om met selfvertroue in die eksamenlokaal te stap as hulle reeds daaraan gewoond is om eksamens te skryf. Wanneer jou kinders in hulself glo is hulle in staat om hoë hoogtes te bereik.

Ons is hier om jou kinders met eksamenvoorbereiding te ondersteun en hulle te help om uitstekende punte te behaal:
1. Oor Afrikaanse Skoolprojekte en ons programme.
2. Waardevolle eksamenwenke.
3. Hoe oefenvraestelle jou kinders kan bevoordeel.
4. Sluit aan by ons.

1. Oor Afrikaanse Skoolprojekte en ons programme.

Afrikaanse Skoolprojekte is ’n digitale opvoedkundige platform wat hoë gehalte studiehulpmiddels volgens CAPS vir Graad 1 – 10 leerders bied. Ons glo in kinders se onbeperkte potensiaal, daarom is dit ons doel om uitnemendheid na te streef ter ondersteuning van hul akademiese prestasie.

Indien jy nie alreeds weet nie, ons webtuiste het onlangs groot veranderinge ondergaan, nie net ’n splinternuwe baadjie nie, maar alle inhoud is ook opgedateer. Jy kan alles daaroor hier lees.

Die doel van ons leermateriaal is om hul akademiese vordering ’n hupstoot te gee en uitstekende resultate te lewer deur leerwerk maklik, pret en interessant te maak. Ons spesialiseer in oefen-eksamenvraestelle en werkkaarte met antwoorde. Alle vakke vanaf Graad 1 – 10 is op CAPS gebaseer. Die verskillende studieprogramme vul mekaar aan en is beskikbaar in pakkette. Ons leermateriaal is deeglik en maklik toeganklik. Alle inhoud is aflaaibare; uitdrukbare PDF-dokumente.

Ons het drie verskillende pakkette wat elkeen hul eie funksie verrig, maar die Standaard Pakket is ideaal vir die vierde kwartaal se eksamens. Die Standaard pakket bevat vraestelle vir al die vakke, m.a.w. Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Wiskunde, Wetenskap ens. Klik op die graad van jou keuse vir meer besonderhede. Besoek ons Produkte bladsy hier.


2. Waardevolle eksamenwenke.

Hier het ons blog artikels gelys met ons beste eksamenwenke wat ons met die verloop van tyd saamgestel het. Ons vertrou dat dit jou kinders baie sal help met die voorbereiding en skryf van hul eksamens.

Leer slim met hierdie 6 effektiewe studie riglyne.’
Die beste manier om te verseker dat jy voorbereid is vir jou eksamen, is deur selfassessering.
Hoe om eksamenstres te hanteer.’
5 Wetenskaplik-beproefde wenke om jou te help om voor te berei vir jou eksamen.’
7 Stelle advies om jou gedagtes voor te berei om eksamens te skryf.’

 

3. Hoe oefenvraestelle jou kinders kan bevoordeel.

Die eerste ding wat deur u gedagtes gaan wanneer jy ’n eksamen skryf (al is dit net tuis en jy baie gemaklik is daaroor), is dat jy getoets word. Dit lyk baie voor die hand liggend, maar die gedagte om ’n eksamen af te lê, skep ’n gevoel van dringendheid. Jy sal moet studeer om dit te doen, want jy sal ten minste ‘iets’ moet invul... “Het jy genoeg studeer?” “Verstaan jy die vraag?” Dit is alles dinge wat jy moet oorweeg.

Om jou antwoord visueel te sien kan in sommige gevalle vir jou ’n goeie aanduiding gee van hoeveel jy weet, hoe goed jy dit ken en hoeveel jy nog moet leer (gegewe dat jy nie gemors op die papier geskryf het nie). Dit is nie meer een of ander abstrakte konsep wat in jou gedagtes ronddryf nie. Jy moes byvoorbeeld ’n skets benoem, maar jy het die meeste antwoorde uitgelaat, of jy moes ’n hele paragraaf skryf, maar jy kon skaars ’n sin aanmekaar voeg. Jy sal dan sien dat jy dalk die spesifieke onderwerp weer moet nagaan.

Elke kind is effens anders as die volgende. Sommige van hierdie verskille is klein en ander meer duidelik. Die manier waarop dink, studeer en vrae beantwoord sal effens verskil. Tog aan die einde van die dag sal hulle dieselfde toets as hul klasmaats skryf. Wanneer kinders vir ’n eksamen voorberei, moet hulle in staat wees om hul denk- en antwoordwyses aan te pas volgens die vak en die tipe vraag wat gevra word. Hulle moet hulself vooraf voorberei op wat van hulle verwag word. Wanneer hulle studeer, moet hulle reeds dink aan moontlike vrae en uitvang-plekke wat hulle tydens 'n eksamen kan verwag.

Om voor te berei vir eksamens met oefenvraestelle is een van die doeltreffendste maniere om te leer en is ’n uiters belangrike deel van die leerproses.

Afrikaanse Skoolprojekte spesialiseer daarin om kinders te help met eksamenvoorbereiding. Die ‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’-reeks bied oefenvraestelle aan leerders. Alle vakke word ingesluit en vakke word in kwartale verdeel. Al die vraestelle bevat memoranda (antwoorde).

Ons vraestelle word op dieselfde wyse, formaat en moeilikheidsgraad aangebied soos gestel deur die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV). Die vrae stimuleer linker- en regterbreinaktiwiteit. Die volgende tipe vrae word in ons vraestelle ingesluit: Definisie van Terme; Waar of Onwaar (Verskaf die Korrekte Antwoord indien Vals); Pas Kolom B by Kolom A; Diagramme en Sketse; Vul die Ontbrekende Woorde in; Meervoudige Keuse; Kort Vrae; Lang Vrae; Blokkiesraaisels.


4. Sluit aan by ons.

Ons is hier om jou kind te help bou aan ’n blink toekoms.

Bespaar waardevolle studietyd, berei doeltreffend voor en skryf toetse met selfvertroue. Gee vir jou kinders die beste geleentheid om hul potensiaal te bereik. Sluit vandag aan vir toegang tot honderde kwaliteit opvoedkundige hulpbronne.

Registreer op ons webtuiste om jou profiel met inteken-besonderhede te skep. ’n Rekening word benodig om jou subskripsie met aflaaibare produkte te aktiveer.

Besoek asseblief hierdie bladsy vir volledige stappe om aan te sluit.

Ons wens vir jou kinders baie sterkte toe met hul eksamens vir die vierde kwaal. Ons glo hulle sal goed presteer.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

VIND ’N LEERSTYL WAT DIE BESTE BY JOU PAS

Het jy geweet daar is 4 primêre leerstyle: Visuele leerstyl, Ouditiewe leerstyl, Lees/Skryf leerstyl...

Lees

DIE BESTE MANIER OM TE VERSEKER DAT JY VOORBEREID IS VIR JOU EKSAMEN, IS DEUR SELFASSESSERING

Het jy al ooit hard gestudeer vir 'n toets, maar dan op die dag van die toets is jou geheue skoon we...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.